Sunday, May 25, 2008

Fasiliteite vir jongmense

As daar nou goed is waarvan Australië baie van het, dan is dit allerhande sportsfasiliteite vir jongmense. Daar is oorgenoeg dinge waarop die tieners hulle oortollige energie kan verkwis sodat hulle nie verveeld hoef rond te lê nie.

Ek het al in vorige posts verwys na die Hills Sports Stadium wat basketbal aanbied. Dan is daar ook nog 'n sagtebal baan ("baseball/softball"), genoeg sokkerbane en krieketbane. Daar is spesiaal by die Fred Caterson Reserve 'n BMX baan gebou vir die jongmense.

Ek en die kinders was vanmiddag weer by die Cherrybrook Sportvelde. Die kinders het te heerlik daar met hul skopfietsies op die paadjies rondgery. Daar is 'n hele 1.2 km sementpaadjies. Mense kom stap ook daar met hul honde. Daar is onder andere: sokkerbane, basketbal bane, 'n baie netjiese sagtebal/"baseball" baan, "Footie" bane - dis nou Aussie rules rugby en daar is atletiekbane waar die jongmense spiesgooi en verspring kan oefen. My kinders het ook elke Saterdag swem by die Carlile Swem klub. Iets wat ek nogal dink baie goed is, is dat daar 'n groot "skateboard baan" spesiaal vir die jongmense gebou is. Troppe jongmense van die omgewing drom daar saam met hul skopfietse, skateboards en BMX fietse om toetjies te doen en te sosialiseer - sonder dat hulle by klubs hoef te gaan rondhang ind ie stad. Die basketbal bane trek ook baie aanhangers. Terwyl ons vandag daar was het ander sokker geoefen en sommige met rugbyballe pale toe geskop. Daar is selfs 'n muur waar die wat hulleself as "URBAN" kunstenaars sien kan Graffiti doen.

Hier is 'n video van die skateboard baan.



Ek het ok 'n paar fotos geneem:

1 comment:

  1. Dag uit 'n bekommerde Suid-Afrika.
    Ons is almal maar benoud oor die nuutste gebeure in ons "vreemdeling land".Hoe snaaks is dit nie dat die mense nou hulle ge-allieerdes van die verlede wil uitjaag,is dit nie tipies die geskiedenis van Afrika nie.Maar kom ek stop daar want ek het myself belowe dat ek nie negatiewiteit sak gebruik as rede om te gaan nie maar eerder die positiewe van my:"nuwe Land"
    Ek het al uit verskeie oorde gehoor van die uitstekende fasiliteite wat gebied word in Oz vir die jeug.Veral in sport en hulle sukses op die sportveld spreek boekdele van die sukses daarvan.
    Dankie vir jou blogg dit maak dit net so bietjie makliker om deur die besluit van emmigrasie te gaan.
    mooi bly ek lees graag.
    Deon

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings