Sunday, October 19, 2008

Onthou om jou belasting opgawe in te dien

Aan al die Aussie Suid Afrikaners....onthou om julle belastingopgawe voor die 31 ste Oktober se afsnydatum in te dien...Julle kan 'n Tax Pack by julle naaste Nuusagent kry of dit aanlyn doen. Dit is nou vir die belastingjaar van 30 Junie 2007 tot 31 Julie 2008.
Jy benodig as 'n minimum:

  • Jou belasting nommer
  • Jou PAYG betaling opsomming wat jy by jou werkgewer kry
  • 'n bewys dat jy privaat medies het (dan kan jy vrystelling van die "medicare levy surcharge" eis)
  • Bankstate van al die rente wat jy op spaargeld verdien het (jy kry mos kwartaalliks state wat dit aandui)
  • Kwitansies vir werksverwante aankope soos 'n laptop.
  • Indien julle nog op 'n 457 Visa is, of vir 'n gedeelte van die belastingjaar was, kan julle aansoek doen vir vrystelling van die Medicare Levy vir daardie tydperk, omdat julle nie op Medicare was nie. Die aansoekvorm kan by die medicare site verkry word en saam met gewaarmerkte kopiee van jou paspoort en VISA bladsye ingedien word.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings