(Skakel na die' blog inskrywing.)
Jong, mens kan nie glo daar is alweer 'n jaar verby nie. Dit voel soos nou die dag dat ons by laasjaar se aroma fees in die stad was. Sedert ek hier is, het ek in 'n hopelose koffieverslaafde ontaard. Hierdie jaar is ons weer soontoe om die kleure en geure van die land se beste koffiesmouse en sjokolateurs te gaan beproef. Ons het Sondag die trein saam met ons vriendin stad toe geneem en bietjie daar by die "Rocks" gaan kersopsteek. Sy het toe sommer van die fotos geneem. Dieselfde straat kunstenaars was weer daar, hierdie keer bietjie beter toegerus.
Ek het heerlike Baklava geproe, dan ook aarbye met sjokoladesous. Daar was "Belly Dancing" soos op Australia's got talent en heelwat Turkse en uitlandse kosstalletjies soos hier onder.
Hier is so 'n video uittreksel om 'n proeseltjie van die atmosfeer te kry.
Jammer ons het dit gemis.....het die naweek in Port Macquarie gaan rondloop. Sal dit beslis op my Sydney emmerlys sit vir volgende jaar.
ReplyDeleteFanie Swiegers
Ja-nee. Sydney het mooi plekkies.
ReplyDeleteOor koffie: Dink jy nie die Aussies vat hopeloos te lank om 'n koppie koffie aanmekaar te slaan nie? Dis dieselfde by al die koffieplekkies. Niks gebeur vinnig nie.