Ons vakansie aan die noordkus van NSW by Woolgoolga naby Coffs Harbour (blog skakel)
Dit is die middel van die winter in Sydney. Buite val die reën en mens kan nie juis baie doen in die buitelug nie. Ons het nou net lekker kaneelpannekoek geëet met botterkaramelsous wat ek self aanmekaargeslaan het. Net gisteraand het ons teruggekom van 'n heerlike week-lange vakansiebreuk aan die noordkus van New South Wales. Loukie (ons hond) kon nie saamkom nie en het by vriende van ons gebly hierdie week. Ons het vanoggend bietjie by Fagan Park met hom gaan stap, maar dit het later sagkens begin reën en dit het my laat dink aan die lekker pannekoek (Crepe) met Butterscotch sous wat ek by die Butter Factory in Bellingen geëet het.
Op hierdie soet noot...ons het vir die middel winter vakansie afgesuiker na Woolgoolga. Dit is 'n piepklein dorpie net noord van Coffs Harbour. Ons het daar vakansie akkommodasie gehuur wat soos in REG op die see uitgekyk het. Woolgoolga het 'n pragtige strand met ongerepte natuurskoon langs die kus af. Dolfyne en walvisse baljaar in die silwer see en die son glinster op die golwe tot in die verte. Die melkweg skitter in die nag want mens is letterlik 'n halwe duisend kilometer weg van Sydney in die suide en amper net soveel vanaf Brisbane in die noorde. Aan die oostekant strek die stille see so ver as wat jou oog kan sien met die Solitary Eilande op die horison. Na die weste is lowergroen grasvelde, piesangplantasies en berge met subtropiese reënwoude.
Die see se temperatuur was 'n heel gemaklike 19 grade en ons het saam met die kinders (darem bygesê met 'n wetsuit) in die branders baljaar. Ons het hierdie week darem ook bietjie gesnorkel, maar as gevolg van die bewolkte weer en winderigheid langs die see was die water maar troebel. Maar ons het nou nie juis toegelaat dat dit ons afskrik nie. Ons het ook ons vier fietse op die fiets-rak saamgeneem. Ons familie kuiergas het vir hom 'n bergfiets gehuur by Woodseys Wheels. Daar is dwarsdeur die dorpie en langs die lagoon en die see 'n heerlike fietspaadjie wat oor die rivier met houtbruggies verbind is. Dit is 'n heerlike aktiwiteit om saam met 'n mens se familie te doen op vakansie. Ons het langs die kus ook by 'n hele paar strande ingeloer soos: by Emerald Beach, Moonie Beach, Port Macquarie, Anna Bay en Nelson Bay by Port Stephens naby Newcastle. Heelwat van hierdie strande is binne in natuurreservate waar die kangaroes in hul natuurlike omgewing vry rondloop...ook sommer tussen die erwe. Die Moonie Strand reservaat by Emerald Beach is so 'n voorbeeld. Daar is pragtige kranse langs die see wat men nogal aan fotos van Skotland of Ierland laat dink.
Eendag het ons die binneland verken en toe met die pas teen die berge op gery tot by Dorrigo Nasionale park waar ons deur die reënwoude gestap het en die panoramiese uitsigte bewonder het vanaf die Skywalk by Dorrigo (wat so terloops, heeltemal gratis is). By een van die klein dorpies, het ons ingeloer by die Old Butter Factory, waar ons oggend-tee (morning tea) genuttig het. Daar is ook 'n kunsgalery en 'n plek wat allerhande snuisterye en gedoentes van leer verkwansel. Ons ry baiemaal ver uit ons pad uit "op ekspedisie", sommer net om nuwe plekke te ontdek...want die eindpunt is nooit die bestemming nie: op vakansie is die reis na jou bestemming die belangrikste, en nie hoe gou jy daar kom nie.
Elke aand by die woonstel het ons saam gekuier, op die strand gaan stap of sommer net saam met die kinders op die fietse gery. My seun was veral in sy noppies omdat ons in die aande tot laat gesit en Monopoly speel het. Nou wil hy het heeltyd Monopoly speel.
Ons het dit baie geniet. Oppad terug het ons besluit om 'n draai te ry en Fisherman's Bay en Anna Bay net noord van Newcastle te gaan besoek. Dis 'n pragtige omgewing...en ook so naby aan Sydney. Ons het die sonsondergang daar bewonder en toe teruggekeer huis toe. Daar was 'n walvis en 'n hele skool dolfyne wat daar in die branders baljaar het.
Ek het vir julle ons fotos opgelaai. Julle kan dit hieronder kyk of by die web albums.
By Emerald Beach het ek die volgende verliefde paartjie afgeneem.
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Sunday, July 11, 2010
Ons vakansie aan die noordkus van NSW by Woolgoolga naby Coffs Harbour
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe
Ai dit lyk en klink te heerlik....
ReplyDeleteHi Swerwer - Ek lees al vir baie lank jou blog! Het gehoop ek kan nou jou opinie vra aangesien ons nou baie amper in Sydney gaan aankom. Ons arriveer in Sydney in Oktober (my man) en November (ek en die kinders) hierdie jaar. Teen daai tyd het baie vd skole al inskrywings ontvang vir nuwe kinders.
ReplyDeleteOns hoop dat daar miskien so 5 skole is wat ons op 'n kortlys kan sit sodat ons dan in daai areas 'n blyplek kan soek.
Sal jy so gaaf wees om vir my 'n opinie te gee oor die skool waar jou kinders tans is?
Ons beoog om in Cherrybrook, St. Ives, Castle Hills en/of enige van daai areas te 'settle'. Die kinders sal in Januarie 8 en 5 wees.
Sal jou terugvoer waardeer!
Hello Sonja
ReplyDeleteJy het nie gesê of julle op 'n Permanente Visa of 'n tydelike (457) Visa hiernatoe kom nie. Wat die skole betref maak dit nogal 'n groot verskil. Indien mens op 'n tydelike (3-4 jaar) werkspermit kom, moet mens eers $4500 betaal per kind voordat jy jou kind hier in enige publieke skool wil inskryf. Om die waarheid te sê: die skool wag eers om die bewys van betaling te kry vanaf die NSW Onderwys Departement voordat hulle voortgaan om die kinders in te skryf.
Jy kan meer inligting hieroor kry by:
http://www.schools.nsw.edu.au/gotoschool/enrolment/index.php
(Kyk veral na "Out-of-area applications")
Om uit te vind oor verskillende skole:
http://www.schools.nsw.edu.au/news/announcements/yr2010/jan/myschoolwebsite/
Baie tydelike Visa houers besluit dus om eerder hul kinders in private skole te plaas omdat dit soms goedkoper is. Die publieke skole hier is na my mening van baie goeie standaard, maar die vereiste is dat jy op 'n permanente Visa wel in die skool se "catchment area" val voordat jy jou kind kan inskryf. Mens moet dus eers 'n bewys van adres (soos 'n water en ligte rekening) kan wys voordat hulle jou kind inskryf.
Jy kan die volgende webtuiste gebruik om skole op te spoor:
http://www.schools.nsw.edu.au/schoolfind/locator/
Daar is 'n hele paar publieke laerskole hier in die omtrek soos:
Castle Hill Public School
www.castlehill-p.schools.nsw.edu.au
Excelsior Public School
www.excelsior-p.schools.nsw.edu.au
Oakhill Drive Public School
www.oakhilldr-p.schools.nsw.edu.au
Samuel Gilbert Public School
www.samuelgilb-p.schools.nsw.edu.au