Saturday, February 12, 2011

So 'n paar mooi plekke wat ons besoek het oor die afgelope paar maande


Hier is so 'n paar fotos wat ek so hier en daar geneem het die afgelope tyd.

Die volgende paar fotos is langs die Hawkesbury rivier geneem toe ons op 26 Januarie Australie dag vakansiedag gehad het.  Ons het "tinnies" gehuur en die rivier gaan verken.

 

Die Mosaic Jelly vis of die "Jelly blubber". Groot skole "Jelly Blubber" verskyn in somermaande in riviermondings aan die ooste van Australie. Die bruin kleur word deur simbiotiese alge in die liggaam veroorsaak. Daar was so baie van hierdie Jellies in die rivier dat ons hulle omtrent nie kon ontwyk met die boot nie - dit lyk amper soos 'n jellievis plaag.  Hulle het so 'n gloeiende oranje bruin kleur en 'n vierpuntige "ster" op hul rug.

 

Langs die rivier is subtropiese varings.



Die volgende klein miniatuur "Banded Soldier Crab" (Mictyrus longicarpus) word net 1.5 cm groot. Hy eet groot hoeveelhede sand en onttrek dan die alge daaruit vir kos.  Dit het 'n pragtige blou en pers kleur,



Hier is dit so 'n bietjie nader.  Meeste mense sal oor hierdie krappie loop sonder om hom eers raak te sien.



Hierdie (effens uit fokus) foto van 'n ruspe het ek after in ons tuin by die lemoenboom geneem.  Hy skiet sulke oranje voelers by sy kop uit as hy bedreig voel.



Ek het die volgende kewertjie op 'n boomstomp by die Crowdy Bay kampterrein afgeneem toe ons Desember daar gekamp het in die kamp naby Kylies Beach.



Van bo op die kruin van die berg daar naby is die mooiste uitkykpunt waar mens oor beide kante van die berg kan uitkyk.








Die volgende paar fotos by die waterval is in die "Deep Creek" reservaat langs die Wakehurst Parkway in Narrabeen geneem.











Ons is daarna na 'n korterige staproete langs die see naby Narrabeen by die Turimetta Head. Dit is net langs die Narrabeen Park Parade.





Naby die roete kan mens met 'n lang paadjie na die see afloop waar daar ook 'n baie goeie snorkelplek blyk te wees.














No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings