Ek het die ervarings vanaf Centurion na Sydney hier geboekstaaf vir die nageslagte. Afrikaanse Pitkos vir die fynproewer. Volg die intriges, die struikelblokke en ook die lekker van die die lewe en kyk na die fotos van die ontdekkingsreis van 'n gewone Afrikaanssprekende boertjie wat sy land verlaat het om dit vir 'n veiliger toekoms in Australië te verruil.
Sunday, January 23, 2011
Saturday, January 15, 2011
Interaktiewe lugfotos met super fyn 2 cm resolusie van Brisbane
Die Aussie karterings maatskappy NearMap, het hierdie super fyn resolusie lugfotosfoto diens gratis beskikbaar gestel sodat die astronomiese vloedskade in Brisbane duidelik word. Die fotos is Donderdag geneem vanuit 'n Cessna vliegtuig en met behulp van 'n rekenaarprogram outomaties aanmekaar gelas.
View Large Map
Kliek op "View Large Map" om die vol grootte kaart te kan sien. Mens kan ook 'n datum voor die vloed kies om te sien hoe dit verander het. Daar is selfs 'n "MultiMap" fasiliteit wat jou 'n 3D uitsig oor Brisbane wys.

Deur
Rustige Swerwer
op
Saturday, January 15, 2011
0
boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Sunday, January 02, 2011
'n Nuwe jaar breek aan...ons 4 de nuwejaar in Sydney
Dit is Vrydagaand 31 Desember 2010. 'n Heerlike hittige somerdag was agter die rug en ons is almal met kort somersklere oppad na Cremorne Point in Sydney.
Ons het besluit om hierdie jaar af te sluit deur na die vuurwerke in Sydney hawe te gaan kyk. Die stadsraad het blykbaar $5 miljoen gespandeer om hierdie jaar se vuurwerke onvergeetlik te maak. Ons het dit nog altyd oor die TV bekyk, maar wou hierdie jaar saam met die beraamde 200 000 mense in die stad die skouspel gaan ervaar. Ons het tot by Bydown straat gery, waar on die motor geparkeer het en toe sowat 2.5 km gestap tot by die Cremorne Reserve. Dit was 'n perfekte aand om in die stad te wees, want die lug was heeltemal oopgetrek en mens kon die suiderkruis duidelik in die aandlug sien. 'n bykans 200 grade panorama van die stad se liggies het rondom ons gelê. Dit was asof al die veerbote en seilskepies in die hawe hulself goed wou posisioneer om die beste uitsig van die sowat 5 vuurwerk punte te kry. Oral was families met kinders wat op kampstoele en in klein tentjies gesit en wag het op die ligvertoning. Heelwat seilskepe wat soos krismisbome versier was het op en af deur die hawe geseil.
Ons was saam met vriende en het vir ons piekniekmandjies gepak en lekker gesit en gesels en kuier. Die area waar ons was was 'n "Alcohol free zone" en hopelik was die enigste dronkies wat daar was die' wat reeds op 'n ander plek "opgevul" was. By die Operahuis en hawebrug was daar natuulik 'n "musical" aan die gang, en die vuurwerke sou met musiek gesinchroniseer wees, wat ons ongelukkig nie kon hoor van waar ons sit nie, maar ons het dit op die TV opgeneem. Julle kan daarna kyk by hierdie skakel.
Die vuurwerke was natuurlik asemrowend, veral met die maanblanke see waarop die vuurwerke weerkaats het.
Ek het so 'n paar fotos geneem. My kamera was gestel op : manual focus (infinity), 1 sekonde shutter priority en 200 ISO. Hier is die fotos.
Ek bid julle 'n wonderlike jaar toe vol hoop en nuwe geleenthede.

Aus Swerwer
op
Sunday, January 02, 2011
0
boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Subscribe to:
Posts (Atom)
e-pos Intekenaars
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
-
So ja... die slag is gelewer en die feesseisoen is op 'n einde. Dit was 'n baie aangename afgelope twee langnaweke hier in Sydney. Ek het ...
-
Ek gaan nou vir julle 'n geheim vertel....maar...sjjjjt...moet dit vir niemand vertel nie...ons wil nie hê die hele wêreld moet van die plek...
-
( Hier is die skakel na die pitkos.blogspot.com inskrywing ) Wonder julle soms wat het van al die mense geword wat hier na hierdie land d...
-
Welkom, o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis: Kersfees kom, Kersfees...
-
Hallo julle. Ek het vandag 'n baie interessante artikel in Beeld gelees. Dit is geskryf deur Bertus de Villiers. Hy werk by die " State A...
-
Ek ly nog so bietjie aan "Jet-lag" (of noem 'n mens dit vlug-vertraging) na 'n hele maand se kuier in Suid Afrika. Dit is seker ook die red...
-
Iets wat julle seker al teen hierdie tyd al agtergekom het van my, is dat ek daarvan hou om dinge uit te werk en te meet...feite maak nie al...
-
( Die skakel na hierdie blog inskrywing ) Ek hoop ons sal eendag weer die Groot "Barrier Reef" kan besoek (in Afrikaans sê mens seker: Wal...