Tuesday, October 30, 2012

Selfhelp inkopies

(Skakel na hierdie inskrywing)

As ek terugdink aan die dae lank gelede voordat on na Australië verhuis het, dan is een van die dinge wat vir my die moeilikste was:  Om 'n idee in my geestesoog te kon vorm van hoe dit in Australië lyk.


Wanneer mens nie 'n idee het van hoe dit in 'n vreemde land lyk nie, dan is mesn geinteresseerd om te weet hoe selfs die mees gewone alledaagse dinge en plekke lyk in die vreemde land.  Ek het daardie tyd baiemaal na videos gesit en kyk wat in Australië geneem is, net om daardie idee in my geestesoog so bietjie in te kleur.
Enigiets vanuit die' vreemde plek, selfs gemorspos, advertensies of plaaslike koerante vanuit daardie land is dan vir jou interessant.

Ek gaan probeer om in die vervolg vir julle sulke video brokkies op my blog te sit.  'n Prentjie is duisende woorde werd.

Hier is 'n video van 'n kort inkopietog wat ek by die plaaslike Woolworths kruidenierswinkel geneem het.  Julle sal sien mens loop sommer in, "Scan" jou eie kruideniersware en betaal dan sommer ook self by die "self-checkout".  Dit is baie lekker dat hulle mens so vertrou.  Dit maak die lewe soveel makliker.

Soos julle seker weet moet mens hierso ook self petrol in jou motor gooi.  Jy is jou eie petroljoggie.  Wanneer jy klaar is loop jy en gaan betaal in die volstasie se winkeltjie.  Dan sê jy net by watter pomp nommer jy ingegooi het. Hier is 'n video waar ek petrol ingooi by die vulstasie.

Stuur GERUS vir my IDEES or VERSOEKE van waar julle sou wou hê ek moet vir julle videos neem. Enige voorstelle is welkom.


No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings