Sunday, November 26, 2006

Hoe ek te werk gaan om 'n werk te soek in Australie

Iets wat ek agtergekom het oor die werksoekproses.... Ja, en ek sit ook nog hier in Suid Afrika! Ja, en ek het ook gesien dat die meeste werke wat op die SEEK.COM.AU en ander webtuistes gepubliseer is dit uitdruklik stel dat net geldige werk VISA houers moet aansoek doen. Dit het my soms al so ontmoedig dat ek dit sommer heeltemal gelos het om eens te probeer aansoek doen vir werke voordat ek my 136 VISA het. Want hoekom sal 'n werkgewer wat 'n pos het om te vul nou bereid wees om te wag totdat ek eendag my VISA het. Hy sal mos eerder die werk gee vir die persoon wat alreeds sak en pak in Australie is in lewende lywe!!!

"As mens net 'n werkgewer kon kry wat bereid sou wees om my te sponsor!", is die uitroep van menige mede landsgenoot wat so gou as moontlik in die land van "melk en heuning" aan die werk wil spring. Maar soos dit vir my lyk is dit die uitsondering...

My strategie is nou dus die volgende: aangesien meeste IT maatskappye in Australie in elk geval gaan uitbrei, beteken dit dat hulle in die nabye toekoms wel poste gaan hê wat gevul moet word. Hierdie werkgewers wil ook nie regtig via die "Recruitment Agencies" werk nie omdat hulle vir 'n sekere tydperk na daai persoon dan aangestel is bo en behalwe die persoon se salaris, ook nog 'n sekere persentasie van die persoon se salaris, maandeliks aan die agentskap moet betaal wat daardie persoon gewerf het!! Hulle sou tog eerder wou gehad het iemand moet hulle direk kontak!? Ek het nou besluit om die proses so bietjie op sy kop te draai....ek gaan begin soek vir Maatskappye wat in die werk specialiseer waarin ek ondervinding het en wat moontlik my vaardighede sou benodig indien hulle ooit (of wanneer) hulle sou besluit om uit te brei (wat hulle tog in elk geval gaan doen tensy hulle besig is om te stagneer).

My teiken is dus nou om deur online besigheids gidse/"directories" te werk en Maatskappye te identifiseer wat aan die vereistes voldoen...soos byvoorbeeld (in my geval) dat hulle produkte die Microsoft Windows platform gebruik. Kyk, ek programmeer in Microsoft .Net. Ek geniet dit, dus gaan ek nou nie sommer lekker daaroor voel as ek nou skielik in Linux moet begin programmeer nie. Dit maak my soektog dus reeds nouer ("narrow my search")....wat die lewe eintlik klaar vir my makliker maak. My soektog begin dus by Microsoft....ek wil dus al die Microsoft Partner maatskappye identifiseer. Dan weet ek klaar ek het iets om vir hulle aan te bied in my vaardighede. Hiervandaan kan jy al die geregistreerde Microsoft Maatskappye identifiseer, sien watter maatskappye in watter industrie werk en GETEIKENDE bemarking van jouself doen.

Soek ook na besigheids gidse/"directories" soos:
www.yellowpages.com.au
http://www.business.com.au/
http://www.whitepages.com.au

Gaan lees dan op oor die maatskappye op hule webtuistes (dis skaars dat 'n maatskappy deesdae NIE 'n webtuiste sal he^ nie). Stuur jou CV dan direk na die betrokke maatskappy waarin jy belangstel
Hulle kan dan jou CV "on file" hou en jou later kontak (want jy wag mos nou nog vir jou 136 VISA om deur te gaan en jy het BAAAAIE tyd vir navorsing) Jou CV, wat hulle nie via 'n r"recruitment agent" gekry het nie, is vir hulle 'n hengse besparing werd en spaar hulle ook die nodigheid om te gaan adverteer.

1 comment:

  1. Swerwer,

    Ek hou van jou blog ook. Dnakie dat jy my link by jou lys van "moet lees" links gesit het. Ek sal graag 'n link na jou site wil byvoeg by my as jy nie omgee nie.

    Ek het nog net begin, maar ek vind klaar goeie tips van jou blog af, en sal beslis bietjie meer deeglik deur dit gaan.

    Dankie vir die bemoediging!

    O ja, ek sien jy het Rich Mullins op jou lys van musiek - dit plaas jou dadelik in my vriendekring!! Duidelik het jy smaak.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings