Monday, November 13, 2006

IELTS Taal toetse

Hier by die 26 ste Oktober, toe lees my vrou dat die besprekings vir die International English Language Testing System (IELTS) toetse nogal vol bespreek is. Aangesien ons nog wag vir die uitslae van my ACS Recognition Of Prior Learning (RPL) voor ons wou bespreek vir die Engelse toetse, wou ons eers wag, maar toe besluit ons maar om te bespreek sodat ons vroegtydig alles goedgekeur kon kry. Daar kan online bespreek word vir die Engelse toetse en dit word gedoen deur die British Council (Click op die voorafgaande link). Ons bespreek toe die 26ste. Dit kos R1670 vir die Standaard Engelse toets plus R400 vir 'n boekie (dus R2070 wat ons in hul bankrekening inbetaal het)

10 November lees ek toe my email en kry die bevestiging dat ek die 13de Januarie 2007 tussen 9h00 en 12h00 die Engelse toets in Johannesburg gaan afle.

4 comments:

  1. Hi Swerwer
    Moes jou vrou ook die IELTS toets afle en bewys lewer van engelse vaardighede?

    Ek verstaan dat vir die Subclass 136 is dit nodig om dit te doen. Indien jy dit nie doen nie dan betaal jy 'n tweede bedrag voordat die VISA toegestaan word.

    ReplyDelete
  2. My vrou het inderdaad ook vir die IELTS taal toetse gegaan. Die immigrasie departement raak al hoe strenger so almal word oor dieselfde kam geskeer. Sy verwag haar IELTS resultate binne die volgende week.

    ReplyDelete
  3. Hi
    Bevestig asb: mens skryf die Akademiese Engelse toets en nie die General Training toets nie? My dokumentasie is ook by ACS en ek wil nou solank met die res van die vereistes begin.

    ReplyDelete
  4. Gewoonlik (soos in my en my vriend se geval) skryf mens vir ACS net die General taal toetse. Ek dink daar is uitsonderings soos as jy gaan klas gee of iets.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings