Thursday, December 14, 2006

Sonsondergang in Suid Afrika


Hierdie fotos van Centurion-meer het ek een aand na sononder geneem...ek moes vinnig maak want my vrou was bang ons word beroof of aangeval in die donker langs die meer...



Die totsiens-sê-proses in Suid Afrika voel vir my baie soos 'n sonsondergang in my land voor 'n blakend nuwe nuwe dag breek in 'n nuwe land...

Baie wonderlike tye het ek hier in Suid Afrika gehad...ek sal altyd net die goeie onthou. Wonderlike mense, wonderlike plekke, maar helaas die son gaan nou vir ons onder in hierdie land en die tyd het gekom om aan te beweeg ter wille van ons kinders, hulle toekoms en om nie terug te deins vir die nuwe dag nie...

Hierdie vakansie gaan ons bietjie na die Groot Karoo... (Die Koup soos dit ook bekend staan) Beaufort Wes om vir my ouers te gaan kuier voor die Groot Trek. Ook om fotos, musiek en videos uit te ruil wat in 'n tydkapsule (250 Gig external hardeskyf) saamgaan op die vliegtuig Australie toe...al wat ons van al ons herinneringe kan saamneem, vasgevang op 'n hardeskyf.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings