Thursday, April 24, 2008

Hierso gaan dit nog goed

Hierdie is eintlik maar net 'n kort briefie om te sê: Dit gaan nog goed met ons.

Ek sien ek het al meer as 2 weke laas enigiets in besonder gehad om oor te skryf. Soms praat mens nie veel nie...jy luister net en jy neem waar. Amper soos 'n passasier op 'n trein. Jy sien hoe die lewe soos 'n toneel buite jou kompartement verbyflits. Kan julle glo, oor presies 'n maand is ons al 'n jaar hier in Australië. Tyd is 'n wonderlike ding - dit maak selfs die verste en mees onbekende plekke jou tuiste. Dit vat jou gevoel van vreemdelingskap en vervang dit met 'n gevoel dat jy nog altyd hier moes gewees het. Dit raak nou winter en soos in Koos du Plessis se liedjie Najaarsdroom "sterf" die somer en die herfsblare val.

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal (Koos Dup)


Maar in Sydney se geval, verdrink die somer eerder, want ons het nou al vir die afgelope 12 dae bykans onophoudelike reën. Die kinders is by die huis, want dit is nog skoolvakansie, en more het ons 'n publieke vakansiedag om die dood van bykans 'n kwartmiljoen ANZAC (Australian and New Zealand Armed Corps) , te herdenk in die eerste wêreld oorlog - die eerste keer wat Suid Afrikaners saam met Aussies in 'n oorlog geveg het.

Maar niks verdryf die winterkoue beter as om Gloria Jeans Cafe vir jou 'n lekker koppie "Flat White" koffie te koop en lekker warm aangetrek te wees nie - gepantser teen die koue.

So...nie te veel nuus van hierdie kant af nie, behalwe dat ek so in my vrye tyd werk aan 'n punt-tot-punt roetebepalings aloritme vir navigasie sagteware vir my werk - baie interessant.

waar ons stil dae slyt, leef en droom
en swyend luister na die voetval van die tyd
teen skemeraand, as hoop weer fluister. (Koos Dup)


Hier is sommer 'n mooi foto van 'n klomp skulpe wat ek so rukkie terug by Cronulla strand afgeneem het.



1 comment:

  1. Hi Swerwer

    Ek moet se, ek vind jou blog UITSTEKEND!!!

    Enige Sud-Afrikaner wat oppak en Oz toe wil kom het telke bekommernisse en vraagstukke om mee te spartel. Dit was goed om oor die tyd te volg wat jy beleef. Ek glo almal gaan waarskynlik deur dieselfde emosie ens moet gaan as wat julle het.

    Ek hoop van harte dat dit met julle sal goed gaan daar in Sydney.

    Ek wonder gereeld watse inkomste mens moet verdien in Oz om 'n lewens styl soortgelyk te kan handhaaf as wat jy hier in SA gehad het (nou natuurlik sonder die tuinjong en huis bediende). Jy het 'n inkomste "link" maar dit is grafies en gee 'n beperkte insig. Wat sou jy se is die tipiese salaris vir 'n gemiddelde leefwyse daar?

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings