Saturday, September 27, 2008

Vir almal wat in motorsport belang stel

Soos julle weet het Sydney baie gebaat by die Olympiese Spele wat in 2000 hier gehou is. Die nalatenskap daarvan kan gesien word in groot binneshuise swem-arenas en groot stadions, onder andere die een by Sydney Olympic Park of die "Homebush" omgewing soos wat dit ook voorheen bekend was. Wel, daar is nou sprake daarvan dat die V8 Supercars wat reeds in Melbourne aangebied word, nou ook een keer 'n jaar hier in Sydney gehou gaan word. Hulle beplan om die strate by Sydney Olympic Park een keer 'n jaar in 'n resiesbaan te omskep.


Een van die kategorie in die "V8 Supercars" is die V8 Utes - kyk na hul website. Julle kan daar na videos van kragmetings gaan kyk. 'n UTE is natuurlik die afkorting vir 'n Bakkie / "Utility vehicle" hier in Australië - en glo my sommige manne kyk baie mooi na hul UTE's. Hulle behandel dit soms soos hul vrou...en dit word met allerhande "accessories" verbeter en opgegradeer. Dink net - hierdie bakkies het dubbel soveel silinders soos 'n gewone kar en daarby word dit nog op elke denkbare manier woema gegee.

Een van die Australiërs wat sy UTE motorsport baie ernstig opneem is Andrew Fisher. Hy ding mee in die V8 Super UTE kategorie. Hier is hy in aksie in sy V8 Super Ute.



Andrew het besluit om sy geloof deur middel van sy V8 Ute aan skoolkinders dwarsoor Australië uit te dra. Sy hoof-borg is die Bybelgenootskap van NSW en Jesus is sy Banier.
Die, "Jesus, All About life" program, is 2 September in Sydney geloods. Hier is Andrew besig om mense toe te spreek.


Tydens motorwedrenne is sy V8 Ute duidelik herkenbaar. Hier is 'n foto uit die Sydney Morning Herald artikel: "Beaut Ute goes for Jesus" asook in die Brisbane Times.

Julle kan bietjie gaan oplees oor hierdie Aussie op sy "Jesus racing Homepage".
Sy getuienis. Hoekom hy Jesus as sy sponsor gekies het.




1 comment:

  1. Hier stem ons gesin heeltemal saam, V8, gaan groot of gaan huistoe.

    Vandat ons in Aus geland het, het ons monde behoorlik oopgehang vir die V8 power, eerste ruk behoorlik ons nekke omgedraai as jy daai vroooooom hier van skuins agter hoor. Manlief skaf toe sommer self ook die SSV8 holden aan. Dankie vir die post, my sus se 4jarige sal in sy element wees om te sien liewe Jesus is deel van V8's ook.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings