Thursday, January 01, 2009

2009 breek aan in Sydney

Die aanbreek van 'n nuwe jaar is weer soos gewoonlik op 'n skouspelagtige manier ingelei deur 'n vuurwerk vertoning uit 'n ander wêreld. Daar is 'n enorme 5000 kg vuurwerke afgevuur in Sydney hierdie keer:
22 000 vuurwerke en 100 000 spesiale vuurwerk effekte, teen 'n koste van $5 miljoen.
Dit was ook gesinkroniseerd met musiek.

Hier is so 'n paar videos van die skouspel:


Julle kan ook hier kliek vir die Hoë Definisie weergawe as julle wil.


Hier is dit ook in Hoë Definisie.

Voorspoedige 2009 vir julle almal!

1 comment:

  1. Voorspoedige Nuwe Jaar. Dankie vir die link! Het nou net die vuurwerke video met die kinders gekyk. Ons volg jou blog sedert Oktober toe ons besluit het om na Sydney te kom. In alle waarskynlikheid sal ons ook in Cherrybrook omgewing kom bly. Dit is nog so 4 - 5 maande voor ons kom dus kyk ons uit vir enige iets Cherrybrook spesifiek op jou blog. Groete Gerhard

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings