Sunday, August 09, 2009

Jaarlikse "Wood Chop" kompetisie in Berowra

Dagsê vriende. Ons was vandag bietjie in Berowra (dis net so 'n 20 minute se ry noord van Castle Hill). Hulle het die jaarlikse houtkap kompetisie daar gehou vir 2009. Manne van oraloor die kontrei het kom deelneem om te sien wie kan 'n houtstomp die gouste in twee kloof hetsy met 'n byl of met 'n saag. Iets soos 'n "Knysnabos houtkapper kompetisie". Julle onthou mos nog vir Saul Barnard in "Kringe in 'n Bos". Wel, dis sy soort mense hierdie. Vooraf word daar deeglik beplan en merke word sorgvuldig opdie houstompe gemaak met bordkryt waar presies daar gekap gaan word. Daar word selfs spykers in die houtstompe gekap om te verseker dat hulle nie op die verkeerde plek bars nie. Hierdie ouens staan bekend as Axmen. Dit laat my nogal dink aan die woorde uit John Williamson se liedjie:

Rip rip Woodchip

What am I gonna do - what about the future?
Gotta draw the line without delay
Why shouldn't I get emotional - the bush is sacred
Ancient life will fade away

Over the hill they go, killing another mountain
Gotta fill the quota - can't go slow
Huge machinery wiping out the scenery
One big swipe like a shearer's blow

Rip rip woodchip - turn it into paper
Throw it in the bin, no news today
Nightmare, dreaming - can't you hear the screaming?
Chainsaw, eyesore - more decay

Remember the axemen knew their timber
Cared about the way they brought it down
Crosscut, blackbutt, tallowood and cedar
Build another bungalow - pioneer town


I am the bush and I am koala
We are one - go hand in hand
I am the bush like Banjo and Henry
It's in my blood - gonna make a stand

Rip rip woodchip - turn it into paper
Throw it in the bin, no news today
Nightmare, dreaming - can't you hear the screaming?
Chainsaw, eyesore - more decay

Rip rip woodchip - turn it into paper
Throw it in the bin - don't understand
Nightmare, dreaming - can't you hear the screaming?
Stirs my blood - gonna make a stand

Hierdie ou is so bekend soos Steve Hofmeyr by rugby wedstryde...


(Toe hierdie video afgeneem is was ek nog in Uni, salig onbewus van my Aussie aspirasies)




Posted by Picasa

Eerste word die houtstompe stewig op 'n staander staan gemaak, dan word daar aan weerskante van die hout verwyder sodat dit makliker is om daarop te kan staan sonder om te gly, want sien, hierdie ouens moet bo-op die stomp staan wat hy besig is om middeldeur te kloof met die byl. Hulle kap letterlik net sentimeters van hulle tone deur die stompe.


Die byle word eers behoorlik skerpgemaak met slypstene. Hierdie ouens pas hulle byle op hoor. Die engelse woord vir skerp is mos "keen". As 'n mens "keen" (ywerig) is om te werk, dan is jy soos 'n byl wat maklik kap, maar as jy nie "keen" is nie, kap die houtkapper (jou baas) maar moeilik met jou - dis waar die woord vandaan kom.


Hier word nog gemeet en gepas, sodat die keep in die stomp met presisie gekap kan word.

Posted by Picasa


Hier word 'n plekkie gekap waar die houtkapper gaan staan.



Posted by Picasa
En daar word sorgvuldig ge-korrel en die manne oefen hoe hulle gaan staan tydens die kragmeting.

En as die kap sessie, waaraan so ses ouens op 'n slag deelneem, verby is, dan lê daar hout gestrooi net waar jy kyk. Hierdie ouens speel nie met hout nie.

Hier is so 'n paar videos van die kragmeting:

Daar moet bo-op die stomp wat jy afkap gestaan word sonder om jou balans te verloor.





Die manne maak gereed:


Let op in die video dat daar ook jong Aussie jafels en ook vroue deelneem...




Net soos in die bos word die houtstompe opgesny deur manne wat in pare saamwerk op die saag.


Posted by Picasa


En moenie dink dis net vir mans nie! Daar was 'n paar vrouens wat ook hul staal gewys het.

So 'n saag is omtrent so lank soos 'n man.


Posted by Picasa


Gaan lees gerus ook hierdie bloginskrywing oor "Kringe in 'n bos".

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings