Monday, September 21, 2009

Lank vergane skepe in die kelders van die see...vaag onthoude grepies uit 'n baie ou verhaal

Vir almal wat in die geskiedenis van Suid Afrika belang stel...

Hier is vir julle MP3's afkomstig van langspeelplate uit die vroeë jare tagtig. Dit beeld die geskiedenis van Suid Afrika
op 'n gedramatiseerde wyse uit vanaf Jan van Riebeeck to republiekwording. Daar is heelwat bekende Suid Afrikaanse akteurs se stemme gebruik om dit moontlik te maak. Ek kan nie sien dat dit iewers op die Internet beskikbaar is nie en om te verhoed dat dit verlore gaan of in die niet verdwyn kan op die volgende skakels kliek om daarna te gaan luister...dit is sowat 8 ure lank. Luister veral na die oorsake en voorbereiding vir die Groot Trek...daar is nogal baie ooreenstemmings met vandag.

Ons Lewende Geskiedenis
01 Die stigting van 'n Nedelandse volksplanting aan die Kaap
02 Die Franse Hugenote en Simon van der Stel
03 Die stryd teen Willem Adriaan van der Stel
04 Die eerste Britse besetting van die Kaap 1795
05 Die koms van die Britse setlaars en die betekenis daarvan
06 Die oorsake van die Groot Trek
07 Die voorbereiding vir die Groot Trek
08 Die moord op Retief
09 Die slag van Bloedrivier
10 Die wedervaringe van die trekgeselskap van Andries Hendrik Potgieter
11 Die slag van die wit Umfolozi en die anneksasie van Natal deur Engeland
12 Die ontdekking van diamante
13 Die uitbreek van die eerste vryheidsoorlog en die slag van Majuba
14 Die ontdekking van goud
15 Die ontstaan van politieke partye in Suid-Afrika (1902-1939)
16 Die daarstelling van die Republiek van Suid-Afrika


1 comment:

  1. yes. christo loots hier. ek weet nie of jy my vorige comment gekry het nie. anyway liaak jou blog. Ek is hier in sa, ek het ook die lewens gesk plate. ek wou myne oorsit maar hulle het teveel skade. ek soek al weke opdie net en jys die enigste een met digitale kopies op die net. een probleem is daardie site werk nie meer nie. dus wil ek by jou hoor of ek dit by jou kan kry? dankie en groete. christol at teamsa dot biz

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings