Sunday, September 13, 2009

Ysskaats

Ek en die kinders is Vrydagaand bietjie na die Sydney Ice Arena hier naby ons in Baulkham Hills. (Dit is feitlik by Hillsong.) Ek belowe my seun nou al 'n geruime tyd dat ons sal gaan.

Dit was die eerste keer wat ek my ysskaatse in Australië gebruik het. Die sessie het so 19h30 begin en het geloop tot 22h30. Daar was heelwat minder mense op die baan as wat ek gewoond is vir 'n Vrydagaand. Ek het op skool sommige jare meer as 100 keer per jaar by Sterland gaan skaats...was so bietjie verslaaf daaraan. Later jare het ek veral baie by die Kolonnade winkelsentrum gaan skaats.

My seun het goed reggekom, dit was ook sy eerste keer hier in Oz. My pops moes ek so bietjie help, want sy het aanvanklik op die ys rondgetrippel, maar na so 'n paar rondtes kon sy die skaatse beter stilhou en het toe makliker beweeg sonder om te wil val terwyl ek haar hand vasgehou het. Mens moet jou ook nie te gereëld probeer vorentoe maak nie, want dan verloor jy makliker jou balans. Die "trick" is om afwisselend jou gewig valledig tussen jou twee bene te verplaas en dan met die ander voet wat nie die gewig dra nie jouself vorentoe te stoot. Mens moet eerstens konsentreer om jou skaatse so regop moontlik te hou, want die skaatse vang 'n baie dun lagie gesmelte ys onder die skaats se lem vas en laat jou makliker vorentoe beweeg. Jy moet ook so bietjie vorentoe buk, want dan val jy moeiliker agteroor en jy kan ook makliker jou balans hou. Mens kan selfs skaats deur glad nie jou voete eens op te lig nie, maar eenvoudig die skaatslemme effens na buite te druk of jou bene met so 'n golfbeweging heen en weer te beweeg.

Daar was so 'n paar kolligte en laser ligte. Die musiek was nie buitensporig hard nie en daar was ook nie spesifieke spoedskaats sessies nie.

Die prys is so om en by dieselfde as vir 'n fliek hier in Oz en dit sluit skaatse in.

Hier is so 'n paar ge-"blurde" fotos wat ek met my selfoon kameras langs en op die ys geneem het.





1 comment:

  1. Dag "rustige swerwer",
    My naam is Christo Loots hier van die oosrand in sa...

    Ek het ook die reeks van ons lewende gesk. ek wou hul juis op cd sit maar my plaate het bietjie skade gelui. esnib werk nie en jy is letterlik die eenigte op die net wat dit reeds in digital formaat het. Ek wou hoor of ek nie die mp3s by jou kan download nie? drop box , cloud of iets nie. dankie

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings