Wednesday, January 27, 2010

Gaan lees asseblief hierdie artikel in Beeld

Hallo julle.  Ek het vandag 'n baie interessante artikel in Beeld gelees. Dit is geskryf deur Bertus de Villiers.

Hy werk by die "State Administrative Tribunal" (SAT) van Westelike Australie. 

Hier is 'n uittreksel wat die SAT oor Bertus skryf:

Bertus de Villiers
Bertus de Villiers (BA Law, LL.B, LL.D) is admitted as a legal practitioner in Australia and South Africa. He is a visiting fellow of the Law School of the University of Western Australia and has taught on a part time basis constitutional and administrative law at UWA. He is also an inaugural Fellow of the Western Australian Institute of Dispute Management under the auspices of the Murdoch University. His areas of specialisation are constitutional and administrative law, environmental law and human rights, and native title and commercial law. He has published widely on these topics. His professional background includes positions as Manager (Principal Legal Officer) of the Goldfields Land and Sea Council and Principal Legal Officer for South African National Parks. From 1990-1996 he was head of the Centre for Constitutional Analysis in Pretoria where he had close involvement in the debates leading to and the drafting of the South African Constitution.

As mens op Google gaan soek vir Bertus, is daar ook heelwat verwysings na boeke wat hy al geskryf het.


Gaan lees asseblief sy uitstekende brief in Beeld:

Julle het my droom gesteel

2010-01-21 20:31


 
Bertus de Villiers


Min onderwerpe krap mense so baie om as emigrasie. 

Die voordele, die nadele. Die verlange, die nuwe identiteit.
Die haat, die liefde.
Die verwyt, die droom.
Oor ’n tydperk van tien jaar sedert ek geëmigreer het, het ek met honderde emigrante gesels om agter te kom wat in hul kop aangaan.
Ek het verby die gewone stories van geweld probeer kom na die dieperliggende psigologiese motivering.
Die gaping tussen wat wit mense verwag het gaan gebeur in die nuwe Suid-Afrika en wat gebeur het, was en bly net eenvoudig te groot (lees die volle brief......)

Daar is ook heelwat kommentaar van mensop op die brief wat baie interessant is.

2 comments:

  1. Hello daar.

    Ek het so 2-3 jaar terug jou blog gevolg en ons wou met alle geweld oppak en emigreer, maar toe raak ek swanger en toe besluit ons om eers te wag. Nou is my seuntjie al 18 maande oud en ons begin weer grawe...

    Ek weet dit is sekerlik op jou blog, maar met watse tipe Visa het julle oorgekom?

    Het julle ook letterlik ALLES verkoop om genoeg geld te he?

    Vriendelike groete,
    Leanda Ludick

    ReplyDelete
  2. Ons het, nadat ons alles gedoen het vir die 136 PR (Nou 175) VISA 'n sponsor by 'n werk op 'n 457 tydelike visa gekry en toe dadelik oorgekom. Na omtrent 11 maande het ons die PR visa gekry.

    Ons het ons huis verkoop waarsonder ons nie sou kon kom nie. Maar ons goed het ons op 'n container gebring.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings