Friday, December 14, 2012

'n Oorsig oor ons Suid Afrikaanse geskiedenis tot die slag van Spioenkop

(Skakel na hierdie inskrywing)

Alhoewel ek hier in die verte bly, lê my land van herkoms se geskiedenis my steeds naby aan die hart - dit het my gemaak wat ek is en wie ek is.  Ek lees op die oomblik 'n boek van Thomas Pakenham oor die Anglo Boereoorlog (ISBN: 1868420744). Wat vir my so fassinerend is, is die groot hoeveelheid hoë kwalitiet fotos wat daarin is wat die mense van daardie tyd tuisbring aan mens).  

Toe kom ek af op die volgende paar uitstekende vertellings van die geskiedkundige verteller. Raymond Heron.

Hy gee in 'n kort paar videos vir mens so 'n goeie oorsig van ons hele geskiedenis van Jan Van Riebeeck af tot by die slag van Spioenkop waar die Boere teen die Britte geveg het.

Battle of Spionkop: Webisode 1: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 2: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 3: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 4: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 5: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 6: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 7: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 8: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 9: Narrated by Raymond Heron


Raymond Heron gives a gripping account of the perils of war and draws you into the narrative.  He really knows his subject matter and brings the year 1900 to life as if one's present to experience it.


Daar is ook nou 'n permanente skakel aan die regterkant van my blog na 'n permanente bladsy waar ek al die interessante inligting oor ons ryke Suid Afrikaanse geskiedenis gaan plaas.

Ek hoop julle vind dit insiggewend
Groete van die Boertjie in die verte

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings