Friday, October 10, 2008

Great North Walk

Goeiemore almal

Ons het bietjie vir ons vriende uit SA gaan wys hoe lyk die Groot Stap Noorde toe (The "Great North Walk"). Dit is 'n 250 km lange staproete wat oor 'n tydperk van 21 dae gestap kan word vanaf Sydney na Newcastle. Dit kan as vele korter staproetes gestap word en dit bevat dele van die mooiste natuurskoon in New South Wales. Daar is ook oornagkampterreine langs die roete. Die "Department of Lands" is verantwoordelik vir die staproetes. Mens kan 'n brosjure bestel wat al die dele daarvan uiteensit. Ek het op 'n uitstekende site afgekom waar allerlei stappers hulle GPS Tracks oplaai. Dan kan mens die profiel van die roetes sien asook die presiese GPS Waypoints van al die beste plekke langs die roetes. Dit is by www.wikiloc.com. Een van die gebruikers daarop het nogal baie dele van die Great North Walk gestap. Mens kan dan ook die Tracks aflaai en dit as 'n GPX leêr op jou navigasie GPS oplaai.

Hier is nog so 'n paar fotos wat ek langs die roete geneem het. Julle sal onthou ons het op 'n vorige geleentheid reeds daar gaan stap.







Daar is baie voëlsoorte, onder andere die Kookaburra.



Ons het ook langs die pad op 'n Eastern Water Dragon afgekom. Hy het in die middel van die paadjie gelê en bak in die son, ons mooi uitgekyk en toe na die waterkant afgesit. Dit lyk baie soos 'n likkewaan.




1 comment:

  1. Uitstekende Blog!!

    Kan jy asb my kontak - ek wil 'n paar goed uitvind insake RPL.

    Groete

    Jan

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings