Tuesday, June 09, 2009

Ons was gister bietjie by 'n piekniekplek langs die Hawkesbury rivier in die klein dorpie Windsor net hier naby. Het kajak gery en saam met die kinders sokker en vroteier gespeel. Was baie lekker.










Sommige dae, soos laas Vrydag, voel dit net of alles gelyktydig verkeerd gaan by die werk. Soos Murphy dit mos wil hê, kry ons sagteware in Brisbane almal gelyktydig 'n databasis "deadlock" en so sit ek toe Vrydagaand voor die langnaweek tot na 10 uur die aand en sukkel by die werk om dit reg te laat werk. Alles was gelukkig die moeite werd, want toe ons vandag die sagteware met my veranderings oplaai, neem dit, wat voorheen meer as 2 minute geneem het, nou net 5 sekondes!!
My baas was nie net 'n bietjie beindruk nie....

1 comment:

  1. Mooi kiekkies.

    Ja dit is altyd lekker as mens se baas beindruk is met mens.
    Moet se dit is soms moeilik om so 'n tiepe emosie of erkening hier by hierdie arebiere te kry.
    lekker week

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings