Sunday, June 07, 2009

Winter snorkel by Freshwater Strand

Ons was gister weer bietjie by Freshwater beach. Ons was lanklaas by die see omdat dit so baie gereën het. Maar na die digte mis hierdie week het alles weer oopgetrek en het ons weer heerlike sonskyn dae. Dus kon ons aan geen beter idee dink as om soveel moontlik vitamine D in the drink op die strand nie. Die see het gister amper soos 'n meer gelyk met die wind minder as 20 km/h.

Omdat die seetemperatuur nogsteeds 21 grade celcius is (warmer as die lugtemperatuur), het ek besluit om my snorkel en duikmasker saam te neem. Ek het nie juis baie seelewe verwag nie, maar het tog 'n paar groterige skole klein vissies gesien. Hier is so 'n paar fotos van gister...

Soos julle kan sien is ek versot op die mooi plantegroei onder die water. Seegras groen, en geelkoper kelp kleure. Kyk ook na die swart "sea-urchins" in die volgende foto. Hulle skelet vorm mos later 'n see-pampoentjie.

Daar was heelwat skole van die volgende klein vissies.


Dan was daar 'n magdom vissies in die volgende skool visse.


Hier is 'n vis besig met sy middagslapie op die rotse onder die water.

Nog so 'n paar koraaldiertjies en seeplante.








Om eerlik te wees, vir my het die water net so warm/koud gevoel soos in die somer.

Hier is 'n video...

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings