Winter snorkel by Freshwater Strand
Ons was gister weer bietjie by Freshwater beach. Ons was lanklaas by die see omdat dit so baie gereën het. Maar na die digte mis hierdie week het alles weer oopgetrek en het ons weer heerlike sonskyn dae. Dus kon ons aan geen beter idee dink as om soveel moontlik vitamine D in the drink op die strand nie. Die see het gister amper soos 'n meer gelyk met die wind minder as 20 km/h.
Omdat die seetemperatuur nogsteeds 21 grade celcius is (warmer as die lugtemperatuur), het ek besluit om my snorkel en duikmasker saam te neem. Ek het nie juis baie seelewe verwag nie, maar het tog 'n paar groterige skole klein vissies gesien. Hier is so 'n paar fotos van gister...Soos julle kan sien is ek versot op die mooi plantegroei onder die water. Seegras groen, en geelkoper kelp kleure. Kyk ook na die swart "sea-urchins" in die volgende foto. Hulle skelet vorm mos later 'n see-pampoentjie.
Daar was heelwat skole van die volgende klein vissies.
Dan was daar 'n magdom vissies in die volgende skool visse.
Hier is 'n vis besig met sy middagslapie op die rotse onder die water.
Nog so 'n paar koraaldiertjies en seeplante.
Om eerlik te wees, vir my het die water net so warm/koud gevoel soos in die somer.
Hier is 'n video...

0 aanmerkings:
Post a Comment
Los vir my 'n boodskap...komaan wees 'n sport !