Tuesday, August 18, 2009

Groen Mamba vir jou baba

Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedjie: "Groen Mamba". Hoe laat dit my nie terugdink aan die dae toe ons nog 'n baba en 'n kleuter in die huis gehad het nie... Sommige mense noem Centurion mos "Nappy Valley", want oral is daar net jong paartjies met of 'n baba of klein kinders, en dis doekesakke en prams en tietiebottels en op een of ander wonderbaarlike wyse moet ek as jong pa al die goed in die kattebak van 'n Uno Cento kry! Die kleinste en goedkoopste kar op die mark op daardie stadium... En as die kinders snotneusies kry of winde, dan koop mens by Kloofsig apteek in Centurion Groen Mamba medisyne. Dit is soos Telament wat die mammas gebruik vir babas.

Hierdie "song" is sommer lekker boeremusiek.

Luister bietjie na Jak de Priester se liedjie deur die volgende skakel direk in 'n nuwe bladsy van jou "Internet Browser" in te kopieer:

http://www.we7.com/#/track/Groen-Mamba!trackId=1831611&m=0


Om een of ander rede werk dit net as jy dit "Cut en paste".

Of kliek op die volgende skakel:





Groen Mamba (deur Jak de Priester)

Ek sit in die donker, koppie koffie in my hand
en ek wonder "Hoe de heng, het ons hier beland?"
'n Man en 'n vrou en 'n baba wat huil
Hoe kan ek my Twenties vir die' lewe ruil?
Ons bly in 'n huis in die bank se huis
en net soos al die ander het ons huis ook 'n kruis
My vrou is wispelturig: Dan's sy vriendelik, dan's sy kwaad!
Ek weet nie wat sy soek nie: Soek sy liefde? Ek soek raad!

Groen Mamba vir jou baba
en Prozac vir jou vrou
En elke aand 'n Disprin
om die bloed lekker dun te hou
Groen Mamba vir jou baba
en 'n Myprodol vir jou vrou
en die Homopaat se druppeltjies
om die trane weg te hou
Groen Mamba vir jou baba
en Rooibostee in die nag
en 'n hand vol vitamines
dit help ons deur die dag...

Die lewe het net deesdae so normaal geword
al my vriende het hierdie jaar 'n pa geword
Vakansietyd in Hartenbos se Gypsie karavaan
Orals speel die deuntjie van Sewende Laan
Elke liewe dag is nog 'n dag verby
Tyd staan nie stil nie soos 'n trein wat ry
Die nuus maak my "depressed" en die baba wil nie slaap
As ons huis net eers verkoop is...dan trek ons na die Kaap!

Groen Mamba vir jou baba
en Prozac vir jou vrou
En elke aand 'n Disprin
om die bloed lekker dun te hou
Groen Mamba vir jou baba
en 'n Myprodol vir jou vrou
en die Homopaat se druppeltjies
om die trane weg te hou
Groen Mamba vir jou baba
en Rooiwyn vir jou vrou
en 'n lekker pil as jy sestig strike
om daai spier lekker fiks te hou...

Wat sou ons gedoen het sonder KFC ?
Na wie sou ons gekyk het sonder DSTV ?
Hoe sou ons oorleef het sonder klein bietjie wyn?
Hoe keer mens al die worries en die hart se pyn?
Hoeveel pille moet ons sluk om net ons "sanity" te hou?
Hoeveel gatte moet ons lek om net ons jobs te hou?
Hoeveel nagte moet ons op wees voor die baba deurnag slaap?
Ek sê jou, my pellie! Dis lekker in die Kaap...

Groen Mamba vir jou baba
en Prozac vir jou vrou
En elke aand 'n Disprin
om die bloed lekker dun te hou
Groen Mamba vir jou baba
en 'n Myprodol vir jou vrou
en die Homopaat se druppeltjies
om die trane weg te hou
Take it away!

Groen Mamba vir jou baba
en Prozac vir jou vrou
En elke aand 'n Disprin
om die bloed lekker dun te hou
Groen Mamba vir jou baba
en 'n Myprodol vir jou vrou
En 'n lekker pil as jy dertig strike
om jou hare op jou kop te hou.


Daar het julle dit nou....en kyk waar trek ons nou. Die babas gaan al amper Hoërskool toe!

2 comments:

  1. Dis ;n vrolike liedjie om na te luister in die donkerdae wat ons nou se dae het, mooi so Jak

    ReplyDelete
  2. Hallo Loukie
    Stuur my asb jou e-pos dan skreif ekke vir jou. My Engels is biekie sleg en my speling ok. Ek wil by my skool bragg dat ek 'n kerel in siddney het.
    Groete
    Lalique (Laliek) de Villiers Graaff

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings