Monday, April 16, 2007

Hoeveel kos dit ons nou al vir die Groot Trek

Vir almal wat emigrasie oorweeg...dink baie goed!!!

Ek het in parallel vir beide die permanente (136) VISA
aansoek gedoen sowel as die tydelike (457) VISA omdat ek
gelukkig was om 'n werk te kry wat my vinniger wil oorbring Oz toe.
Hier is 'n opsomming van ons "Groot Trek" uitgawes.













































































2 x Paspoorte vir volwassenes (R165 elk)330
2 x Paspoorte vir kinders (R125 elk)250
4 x Geboorte Sertifikate (R50 elk)200
Paspoort fotos180
Huwelik Sertifikaat50
Immigrasie Agent Eerste Paaiement6200
Engelse graadpapiere100
Jaarboek afdrukke80
Verwysings afdrukke Eerste keer70
Verwysings afdrukke 2e keer45
ACS Koerier1222
ACS2240
Immigrasie Agent Tweede Paaiement4205
IELTS Toets British Council2070
136 DIMIA VISA Betaling11383
IELTS Toets British Council1633
Immigrasie Agent Finale Paaiement4200
Container33000
Vliegtuigkaartjies22400
Mediese ondersoeke vir 4 mense1925
2 Stelle X-strale (136 en 457) vir 21000
2 HIV Toetse vir my en my vrou218
457 Elektroniese VISA betaling1100


Totaal:R 97701

5 comments:

  1. Dis baie geld, ja, maar dis die MOEITE WERD! Ons het destyds sommer net 'n tas gepak en gekom vir vakansie, hier in NZ werk gekry en gebly...maar ons het nie kinders nie.

    ReplyDelete
  2. Hi
    Is dit nodig om 'n immigrasie agent te gebruik? Ek sien dit kos ongeveer R 14 000. Sou 'n mens dat self kom doen?

    ReplyDelete
  3. Baie mense vra my of dit die moeite en geld werd is om van 'n emigrasie agent gebruik te maak. Wel, ek sou sê, as jy klaar weet vir watter VISA om aansoek te doen en waarvoor jy kwalifiseer, dan is dit beter om dit eerder self te doen. Na my mening help 'n emigrasie agent jou met broodnodige inligting en advies en dien as iemand wat die ingevulde vorms vir jou kan proeflees. As jy egter jou inligting op forums soos www.saaustralia.org kry en direk met die immigrasie departement skakel, kan jy wel die R14000 of so spaar. Ek het aanvanklik besluit om van een gebruik te maak omdat daar op daardie stadium vir my te veel onbekendes was en ek graag 'n kontak en bondgenoot in Australie gesoek het. Ons het gewerk deur Brenda West (www.Nisa.co.za). Sy het die angel uit die proses gehaal toe dit vir ons oorweldigend groot gelyk het.

    ReplyDelete
  4. Dankie Swerwer,
    Hou asb jou blog nog lank oop sodat mense soos ek dit kan gebruik. Miskien braai ons nog saam daar in ons nuwe land. Hulle kan ten minste krieket speel :-)

    ReplyDelete
  5. IS DIE ENGELSE TOETS MOEILIK?

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings