Monday, April 23, 2007

Hoe om goedkoop te bel Australië toe

Tweedens. Soos ek reeds vermeld het, het ek mos nou 'n Australiese bankrekening by ANZ. 'n Goeie vriendin in Australië was toe so gaaf om vir my $5 in my rekening in te betaal sodat ek kan seker maak alles is in orde en dat die rekening op ons naam is en dat die geld wel inbetaal is.

Die nommer om te bel is +61 3 9683 9999. Dit is ANZ se Bank Oproepsentrum se nommer. As jy die nommer egter vanuit Suid Afrika bel, bel jy 09 61 3 9683 9999.

Ek het bietjie gaan uitvind wat dit nou kos om Australië toe te bel.
Op Telkom se webtuiste is dit R1.50 per minuut na 'n landlyn toe in Oz (en R 2.60 per minuut na 'n selfoon toe in Australië).

As mens egter van 'n Cell-C selfoon af bel in Suid Afrika, is dit R1.85 + bogenoemde Telkom fooi.

Dit beteken dit sou my (wat huidiglik net 'n selfoon het omdat ons Telkom foon gekanselleer is), sowat R3.35 per minuut kos om die ANZ banknavraag te kan doen.

EK WEET VAN SKYPE, maar dis bietjie moeilik om via GPRS op jou selfoon via Skype te bel. As mens egter 'n breëband konneksie het, kan mens Skype credits koop en dan so na enige Australiese landlyn bel, dit kos jou dan sowat 0.017 Euros per minuut = R0.1625 ) Met GPRS wat in Suid Afrika sowat R1 per meg kos en omtrent 0.82 meg wat per minuut benodig word vir Skype in beide rigtings, sal dit my dan R0.82 per minuut kos op 'n baie "dodgy" GPRS konneksie - maar by Cell-C sal dit R1.64 kos per minuut)

Ek kom toe egter Saterdag by Woolworths af op 'n internasionale telefoon kaart waarmee mens vir so min as R0.69 per minuut van 'n selfoon af kan bel. (Dit kos R0.69 na 'n Australiese landlyn en R1.90 na 'n selfoon.)
Die GLOBEL kaarte kan by Woolworths, CNA, Edgars, Jet, Boardmans, ens. winkels gekoop word vir R10, R50, R100 en R200 kaarte gekoop word. Op die kaart is 'n PIN wat jy eenvoudig verskaf as jy goedkoop wil bel.

Ek het vanoggend voor 7 uur (terwyl ek nog my Cell C free minutes kon gebruik) na ANZ in Australië gebel.

Dit werk soos volg:

  • Jy bel een van die GLOBEL toegangs nommers:
    011 250 1250
    021 464 0364 of
    031 713 7913
  • Jy tik die PIN op die GLOBEL kaart of "voucher" in en die stem sê vir jou presies hoe lank jy nog kan praat en hoeveel van die bedrag nog oor is (Vir R50 kry jy 72 minute Australië toe)
  • Dan tik jy die nommer in van die plek in Oz wat jy wil bel: 09 61 3 9683 9999
  • Wag 'n paar sekondes en siedaar...R 2.66 besparing per minuut (R0.69 in plaas van R 3.35 en dit van 'n selfoon af !)
Nou het ek bevestiging dat die bepaalde ANZ rekening wel op my naam is en dat die $5 inbetaal is. Volgende stap is om die "Travel allowance" van R160 000 per volwassene en R50 000 per kind wat sonder "red-tape" die land uitgeneem kan word, in hierdie bankrekening oor te plaas.

4 comments:

  1. Oi - weet jy van Skype??
    Dis gratis in sekere gevalle...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi daar.
      Ek het nog nooit Skype gebruik nie. Wil graag weet of dit enigsins goedkoper gaan wees as om n selfoon te gebruik? My kinders is ver van die huis af en ek probeer dagliks met hulle praat. Oproepe in Suid Afrika. Ek het genoeg data, maar ons sein is baie swak.
      Help aseeblief
      Edie

      Delete
  2. EK WEET VAN SKYPE, maar dis bietjie moeilik om via GPRS op jou selfoon via Skype te bel. As mens egter 'n breëband konneksie het, kan mens Skype credits koop en dan so na enige Australiese landlyn bel, dit kos jou dan sowat 0.017 Euros per minuut = R0.1625 ) Met GPRS wat in Suid Afrika sowat R1 per meg kos en omtrent 0.82 meg wat per minuut benodig word vir Skype in beide rigtings, sal dit my dan R0.82 per minuut kos op 'n baie "dodgy" GPRS konneksie - maar by Cell-C sal dit R1.64 kos per minuut)

    ReplyDelete
  3. Dis net goedkoper om 'n selfoon te gebruik indien jy jou gratis naweek minute kan gebruik as jy na die globel nommer toe bel. Met skype het baie lande 'n landlyn nommer wat jy kan bel (ek dink hulle noem dit die skype out nommer). Dan stel mens vir jou n paar kontakte op en gebruik jou skype credits. Van hier in australie af kos dit jou dan so 10 cent per minuut of iets

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings