Sunday, February 03, 2008

"South-Africans, please queue here!"

Ek is Swerwer se "Sheila" - Gaan toe mos vanmiddag om manlief en ons kindertjies se kosblik voorrade te gaan "oppot" by Woolies in Cherrybrook. Maar ai, toe ek my kruideniers so halfpad klaar uitgepak het, onthou ek ek het die melk vergeet. Sonder baie goed kan ons klaarkom, maar beslis nie melk nie! Ek hardloop soos 'n besetene na die melkrak en hol weer terug om nie my plek by die betaalpunt te verloor nie en wat hoor ek!? Die een meisie spot- vra die ander een of sy lekker indruk, die tannie agter haar bevestig vriendelik in Afrikaans dat sy haar permissie gegee het. Natuurlik tjip ek net daar in, en ons almal lag lekker saam omdat al 4 van ons in dieselfde tou gaan staan het, sonder dat ons besef het ons praat almal dieselfde taal, maar dis nie al nie!! Hier antwoord ons tilmannietjie terug in Afrikaans en spot dat hy maar by sy till 'n bordie gaan opsit met die woorde: "South-Africans please queue here!" My hart het sommer so lekker warm kombersie gekry, dit bly darem maar lekker om Afrikaans in Australië te praat! Hiep-hiep....hoera!

4 comments:

  1. My visa aansoek is byna afgehandel dan wag ons en sien wat gebeur. Dan is daar hopelik nog iemand wat Afrikaans daar in die verre Australië kan praat.

    ReplyDelete
  2. Lekker om ook van Swerwer se "Sheila" te hoor!

    ReplyDelete
  3. Lekker om 'n bietjie te lees wat Swerwer se "Sheila" te sê het!

    ReplyDelete
  4. Hi Sheila
    Ons sal graag meer van jou wil hoor. Byvoorbeeld: hoe maklik of moeilik het jy as huisvrou aangepas. Sukkel jy om jou ou resepte te maak omdat jy bv. nie dieselfde bestandele kan kry nie? ens. groete Sheila in waiting

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings