Sunday, November 18, 2012

Besoek aan die "Mall"

(Skakel na hierdie inskrywing)

Jy kan dit skaars glo, maar meeste Saterdae wanneer 'n mens so voor half-nege (of self nege uur) die oggend op 'n Saterdag by die Kasteeltorings Winkelsentrum hier in Castle Hill aankom is daar nog bykans geen motors in die parkeerterrein nie.  Maar, langsamerhand, kom die winkelassistente en handelaars en sluit een vir een die winkeldeure oop.  Mense begin dan van oraloor die winkel binnestroom en voor jy jou kan kry is die plek vol van 'n geroesemoes van aktiwiteit.  

Wat vir my veral lekker is, is om 'n ou koffietjie by een van die baie koffie kafees en winkeltjies te kry.  Meestal vermy ons maar die groot winkels, maar soms as ek my hare by Eric's gaan sny, dan maak ek vroegdag al 'n afspraak.  Dit kos so $29 vir 'n haarsny.  Maar as ek so luister wat die vrouens vir hulle hare betaal, dan is dit 'n aansienlike winskopie.  Ek ken vir Lee Anne al baie goed, en sy sny al vir meer as 5 jaar my hare.  Ons gesels oor alles en nog wat, want jy weet : haarkappers gesels lekker.

Ek hou veral daarvan om in die boekwinkels 'n draai te maak asook die "Newsagency".  Dit is mos nou wat ons winkels soos CNA hier noem.  Mens kan alles van treinkaartjies tot tydskrifte daar koop.  





Teen ententyd drom mense saam in die "Food Courts".  Dit is is nou nie geregshowe waar mense stry oor wie se kos dit is nie, nee, dit is eerder soos 'n nuwerwetse kos lapa of gesamentlike eetsaal.  
Dit was nou iets wat vir my nogal opvallend verskillend was van hoe ek gewoond was dinge in Suid Afrika gewerk het.  Waar elke restaurant of wegneemete winkel daar so half en half sy eie "grondgebied" met 'n passie beskerm, is die gesamentlike eetsaal hier die in-ding.  Wanneer die familie hier kos bestel, dan kan die Pa, Ma en elkeen van die kinders letterlik elkeen kos gaan bestel by verskillende eetplekke en dan sit almal saam en eet en kuier in die middel by tafels en stoele wat nie die uitsluitlike eiendom van enige spesifieke eetplek is nie. Dit is bykans altyd 'n raserige affêre soos julle sal sien in die een video wat ek vir julle opgelaai het.  Veral in 'n stad soos Sydney met meer as 200 verskillende nasionaliteite wat hierdie stad hul woning gemaak het, sal jy kossoorte van baie lande kry.

Ek wys hier vir julle twee videos.  

In die eerste video sal julle begin sien hoe lyk 'n groot "mall" in hierdie geweste.  Ek gaan maak 'n draai by 'n rekenaarwinkel, drie klerewinkels en loop verby die magdom tydelike verkoopspunte wat hierdie tyd van die jaar begin opskiet.  Ek maak ook 'n draai by die oop groete en vrugte mark op die onderste vloer.  Verder gaan ek op en af met roltrappe en probeer vir julle 'n goeie isee gee van hoe die plek hier daarna uitsien.



In die volgende video maak ek verder 'n draai deur die "Food Court" met sy baie wegneem ete plekke.  Julle sal sien hoe die mense vergader tydens etenstye (en daarbuite).  Ek besoek 'n CD Musiekwinkel en op 'n stadium loop ek verby Eric se haarsalon waar ek my hare sny.  Daarna gaan bring ek 'n kort besoek aan die Appel rekenaar winkel.



Die eerste ruk wat ek hier aangekom het, het ek bykans heeltyd verdwaal in hierdie winkelsentrum, maar nou ken mens die plek al so goed jy kan dit amper toe oë verken.


Hoop hierdie videos gee vir julle so 'n kykie in ons wêreld.

Groete
















No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings