Saturday, November 17, 2012

Hierdie jaar se City to Surf 2012 Stap vir Liefdadigheid

(Skakel na hierdie inskrywing)

Ek weet, ek weet, hierdie inskrywing is seker heel agter die tyd, maar ek het tot op hede nog nie die fotos op my blog gesit van toe ons hierdie jaar in Augustus die 2012 City To Surf stap vir liefdadigheid meegemaak het nie.  Ek was daarna te besig om voor te berei vir die besoek aan Suid Afrika. Maar eerder laat as nooit.

Elke jaar so om en by 12 Augustus (of in daardie omgewing) is daar 'n stap/draf in die stad wat deur derduisende mense meegemaak word.  Dit is die jaarlikse City to Surf wat vanaf Queens Park in die stad tot by Bondi Beach.  Julle kan die roete wat gevolg is hier en ook hier kry.

Ons het vir Compassion Australia gestap.  

Hier is die fotos op Google Plus.


Julle kan die album hier op Picasa gaan bekyk.
En die volgrootte slideshow hier.

Hierdie jaar was daar meer as 85000 inskrywings.  Die toe die dag aanbreek was dit so effens reënerig, maar ondanks daarvan get 68127 mense die roete volttoi tot by Bondi strand.








Hier volg 'n paar videos wat ek langs die pad geneem het:

Wegspring van 2012 City To Surf

















                                                                                                                         

Met sommige paaie vanaf die middestad tot by Bondi vroeg reeds gesluit vir die resies, is daar sommige mense wat van hierdie gulde geleentheid gebruik maak om te Rollerblade op rol-lem-skaatse.

Die volgende videos is NIE deur my geneem nie...

 Hier is een ou (Lew Keilar) se video voor hierdie jaar se City To Surf



Dit word nou al 'n jaarlikse instelling.  Miskien gaan ek dit ook eendag probeer.

Hier is nog 'n video van mense tydens die City To Surf wat rollerblade in 2009.












No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings