Friday, November 02, 2012

My treinritte werk toe en terug

Elke werksdag hier in Sydney neem ek twee treine werk toe en terug.  Dit is 'n daaglikse roetine.

Hier is 'n video van vanoggend se treinrit.  Die eerste trein stop by 2 stasies voordat ek diep ondergronds afklim en dan seker so 7 verdiepings of meer met die roltrappe moet op en af ry.




Dit neem my so om en by 21 minute se treinrit vanaf my werk tot by die stasie waar ek afklim.

Hier onder is weer vanmiddag se treinrit.



Sommige treine is minder luuks as ander. Die nuutste Waratah treine het so 'n rooi Waratah blom op die buitekant omdat die Waratah New South Wales se embleem is.

1 comment:

  1. As jy nie gese het dis Australie nie, sou ek gedink het dis London - mense op die underground is nes hierdie mense - kyk nie links/regs nie, te bang 'nextdoor' vlieg hom in omdat hy dit durf waag het om vir hom/haar te 'kyk' en almal sit soos lyke, staar voor hulle uit. Hahaha...ok, London se treine is ook nie die kleur nie, maar die idee is dieselfde. Interessant om te sien hoe dit in ander lande is. Daardie eerste trein loop stil, stiller as wat ek hier in die UK gekry het.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings