Showing posts with label Koos du Plessis. Show all posts
Showing posts with label Koos du Plessis. Show all posts

Monday, April 09, 2007

Pretoria Jakarandastad...Sydney blomtuin


Pretoria Jakarandastad - Deur Koos du Plessis

C G7 F C
Pretoria Jakarandastad, dis weer Oktobermaand
F C Am D7 G7
Miskien is dit die rede dat ek so verlang vannaand
C G7 F C
Want hoeveel jare het jy nie my lief en leed gedeel
F C Am G G7 C
En stil geluister wanneer ek my ou kitaar bespeel
G7 C G7 C
Doe doe doe doe, doe doe doe doe
F C Am G G7 C
Stil geluister wanneer ek my ou kitaar bespeel

Pretoria Jakarandastad, waar ek so graag alleen
Straat op en af geslenter het in die lente reën
Waar meisies lank na middernag nog deur die vensters loer
En dromend luister na die lied van elke troebadoer
Doe doe doe doe; doe doe doe doe
Dromend luister na die lied van elke troebadoer

Pretoria Jakarandastad, die tyd gaan gou verby
En daardie jare lê soos ylblou berge agter my
Maar steeds is ek 'n troebadoer wat almal wil vertel
Van jou ou Jakarandastad met sang en snarespel
Doe doe doe doe; doe doe doe doe
Jou ou Jakarandastad met sang en snare spel

---------------------------------------------------------

Wie van ons onthou nie die lekker studentedae in
Pretoria nie.
Tot laataand het ons rondgehand by Sterland of
rondgedrentel by Sunnypark.
Ons kon toe nog onbevange jongmens wees.
Soos Koos du Plessis se liedjie se
woorde lui: "daardie jare lê soos ylblou berge agter my".

Dit was in 'n era toe Pretoria nog
"Pretoria Filadelfia" was. Maar ons neem
dit wat was met ons saam...
Daar in Australië is baie Jakaranda bome.
Ons begin oor en sal ons plekkie wat nou nog
leeg is in Oz in 'n blomtuin omskep...

"Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek
en in vrede gelei word;
die berge en die heuwels sal voor julle
uit jubel en juig en al
die bome in die veld sal hande klap.
In die plek van 'n doringbos sal daar 'n
sipres opskiet,
in die plek van 'n dissel sal daar 'n
mirteboom opskiet." Jes 55:12-13

Die Trekkers trek voort...



Friday, February 09, 2007

Die lot van die werkende mens

Hier is 'n liedjie van Koos Dup wat nogal goed die "rat-race" en lewe van die werkende mens beskryf...

Moreliedjie - Koos du Plessis

Wat gee ek om die morester
Ek weet die dag lê drie uur vêr
En wanneer ek die fluite hoor
Speel ek die hele spel weer oor
Van staan maar op net soos die res
Doen elke som en leer jou les
Maar werk getrou van ses tot ses
Die maatskappy sorg vir die res

Die wêreld wink die lewe wag
Met ywer kan jy veel vermag
Doen net jou plig van dag tot dag
Die toekoms lê en skaterlag
As wysheid met die ouderdom
Se grysheid en berusting kom
Moet ek tog teen die wysheid waak
Wat wil 'n ou man daarmee maak

En wees maar lief en word bemin
Dis net die deeltjie tussenin
Want liefde bly 'n dubbeldoor
Dis iets gewen en iets verloor
Net iets gewen net iets verloor

Wednesday, January 24, 2007

Vir almal wat terugverlang na Suid Afrika

Ons is nou wel nog hier in Suid Afrika, hoop om spoedig die hasepad te kies...

Ek sit nou hier en luister na Koos du Plessis se liedjie: "Najaarsdroom" en dink toe sommer aan almal wat terugverlang na hul land asook die wat terugverlang na hoe ons land eers was...

Najaarsdroom : Koos du Plessis
nog 'n najaar in die vreemde
met my drome sonder tal
en ek weet die winter kom weer
met sy sneeu wat ewig val

ek ken die Rynland-nagte
die Alpe met sy sneeu
die Swartwoud se geheime
en die liedjie van 'n meeu

maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val...
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal
en erens dreun die branders
aan die strande van Natal

ek sit soms en ek luister
of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland
se stemme terug kan vind

ek ken die Spaanse nagte
die Alpe met sy sneeu
ou Amsterdam se gragte
en die liedjie van 'n meeu

...erens dreun die branders aan die strande van Natal.

Gaan lees bietjie hierdie artikel oor Koos du Plessis op Litnet

Friday, December 15, 2006

Daar's te veel met die wêreld gefoeter

Een van die mees talentvolle digter-musiekante moet seker Koos du Plessis wees. Ek bewonder sy diep insig in die emosies wat mens ervaar asook die wonderlike manier wat hy homself in digterlike woorde kan uitdruk. Daar is een liedjie van hom wat handel oor die roekelose manier wat die mens met die aarde omgaan. Gaan lees gerus oor sy lewe by http://www.koosduplessis.co.za/
en lees bietjie van sy digterlike lirieke by http://www.gypsy.co.za/lyrics/Koosdup/koosdup.htm

Spore op die Maan - Koos du Plessis

elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel
want iets sê: "stomme drommel,
die ruimte lê vol rommel"
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

want die stad blom elke nag
strooi sy saad en skemerdag
breek staalspruite teen die aardkors waar jy gaan
rommelberge groei omheen
en daar's swaelsuur in die reën
en kyk, daar lê reeds spore op die maan

waarheen sou ek gaan?
ontvlug is onbegonne
selfs droom is onbesonne
want die wêreld is oorwonne
en ek begin verstaan:
daar's geen nuwe paaie om te baan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

elke hektaar is verkoop
elke opstal lê gesloop
en die wêreld wag verwese, in die waan
dat 'n wonder sal gebeur
om sy rusperleers te keer
maar kyk, daar lê reeds spore op die maan

vlug na berg of woud..
meen jy dat daar geeneen is
dat jy eindelik alleen is?
ag, verspieders loer op Venus
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

elke woord is retoriek
elke droom is bloot plastiek
en atoom's die idioom van wie verstaan
iewers moet 'n rusplek wees
vir die afgematte gees-
maar kyk, daar lê reeds spore op die maan
duisend donker spore op die maan
kyk, daar lê reeds spore op die maan

Tuesday, August 22, 2006

Swerwers

Swerwers.

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry,
of sy wat eensaam agterbly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een wat reis; die een wat lees;
die enkling op sy slentergang;
of elkeen wat na iets verlang?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet; die een in gees;
die een wat deur die ver land stryk;
of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet;
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?

Koos du Plessis

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings