Saturday, July 14, 2007

"Opportunities Australia" Expo 2007

Vir almal wat dalk al daaraan gedink het om Australië toe te verhuis:

Daar word op 15 en 16 September 'n Emigrasie Expo by Gallagher Estate in Midrand aangebied. Dit staan bekend as "Opportunities Australia" Expo 07.

Dit is hierdie jaar die heel eerste keer dat dit in Suid Afrika aangebied word.

Daar gaan spesiaal mense van die Australiese Departement van Imigrasie en Burgerskap daar wees om julle vrae te vrae en antwoorde te gee.

Kaartjies kos R60 per persoon en julle kan gaan vooraf registreer by die webtuiste:

"Opportunities Australia Expo 07"

"The Opportunities Australia Expo provides you with the very best possibility of finding that job - and you don’t have to travel half way round the world to get it!

We bring Australia’s top employers and recruitment consultants to you in the UK and South Africa. Hundreds of job offers will be made at the expo, and in the weeks afterwards, to people with the right skills.

The Australian Government’s Department of Immigration and Citizenship will be at the UK expos to answer your visa queries. You can open a bank account, transfer your pounds and rand to Australian dollars, find a reputable shipping company and to top it off, you may find your dream job."

JOHANNESBURG EXPO
Gallagher Estate
19 Richards Drive, Midrand
Gauteng, South Africa

Saturday, 15 September 2007 9.30am – 4.30pm
Sunday, 16 September 2007 10.00am – 4.00pm

Entry Fee
R60 pre-purchased tickets or credit card payment at the door


Daar is ook 'n lys van die moontlike VISA opsies op hul webtuiste.

Kyk, mens moet iewers begin, en ek sê nou nie julle moet juis van daai mense gebruik maak nie, maar iemand het deur baie moeite gegaan om dit te reël, so dit is dalk die moeite werd om te gaan inloer daar.


No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings