Thursday, January 17, 2008

Die harde leerskool van immigrasie

Ons het vandag 'n tjek van $4500 in die pos gekry...

Dit is gister deur die Departement van Onderwys aan my gestuur. Hulle het ons dus vergoed vir al die oorblywende maande vandat ons die PR (Permanente VISA) gekry het tot Juniemaand, wat ons reeds skoolgeld betaal het. Ons moes laasjaar, voordat ons die kinders in die publieke skool kon inskryf, eers die $9000 neersit. Dit was omdat ons toe nog op 'n tydelike 457 VISA hier was en slegs "permanent residents" hier in New South Wales, die voorregte van gratis publieke skole geniet.

Ons het so om en by die 13de Desember 2007, nadat ons teruggekeer het van New Zealand, die aansoek na die Onderwysdepartement ingestuur om die oorblywende geld terug te kry. Ons moes 'n brief skryf en afskrifte van die kinders se paspoorte met hule 136 PR VISA in vir hulle aanstuur.

Dit beteken dat ons nou ten minste darem die kostes van ons "genoodsaakte" New Zealand "vakansie" kan verhaal, maar nie regtig die $9000 terug het nie.

Ons het mos eers die 136 PR (nou 175) aansoek ingedien, toe op 'n tydelike 457 VISA oorgekom. Dit het beteken dat ons die land moes verlaat en met die PR VISA terugkeer. Ons was dus "verplig" om 'n oorsese reis te maak. A.g.v die tydelike VISA moes ons dus ook privaat medies en skoolgelde betaal het.

Vriende van ons wat op 'n 457 VISA oorgekom het, het , nadat hy alreeds die ACS "skills assessment" gedoen het, van hierdie kant af aansoek gedoen vir 'n "onshore" PR 885. Hulle het toe ook die VISA na net EEN WEEK gekry en hulle het nie nodig gehad om 'n oorsese reis te onderneem nie! Die VISA kostes was egter dieselfde prys.

As ek nou terugkyk, lyk dit dus vir my beter om op 'n 457 oor te kom (as jy 'n "sponsor" kan kry), en dan van hier af aansoek te doen. Maar jy moet alreeds jou "Skills assessment" hê, anders gaan daar van jou vereis word om eers 2 jaar hier te werk.

In retrospeksie kon ons dus baie geld gespaar het...maar dit leer mens mos eers na die tyd!

Iemand wat na ander se raad luister...leer uit hulle foute, maar iemand wat nie wil luister na raad nie...moet uit sy eie foute leer.

(In ons geval het ons egter al klaar die PR ge-"lodge" toe ek uitvind dat ek 'n sponsor kon kry)

My raad aan julle is dus:

  • Doen eerste aansoek vir die IELTS toets (dit vat die langste)
  • Doen dan aansoek vir jou "Skills assessment" (ACS ens)
  • Probeer dan 'n sponsor kry vir 457
  • Kom oor op 'n 457, sit jou kinders tydelik in 'n goedkoper private skool, of betaal maar die $9000 vir die publieke skole in NSW en eis so gou as moontlik terug na jy die PR het.
  • Doen dan van hier af aansoek vir 'n 121/856 (Hierdie is die employer nomination scheme visa...Jammer maar ek het tevore die kat aan die stert beet gehad...dit is nie die 885 VISA nie.) Die 856 VISA kos dieselfde as die 175.
  • As jy voorheen hier geswot het kan jy vir die 885 (Skilled) VISA aansoek doen, wat vir mense is wat voorheen hier geswot het en aan die volgende vereistes voldoen.
As jy egter nie 'n sponsor kry nie...dan sal jy maar die lang stofpad van die 175 PR moet loop.

1 comment:

  1. Skilled – Independent (Residence) visa (subclass 885):

    This visa is for you if you are in Australia and you are one of the following:

    an overseas student or former overseas student
    a holder of a Skilled – Graduate (subclass 485) visa or Skilled – Recognised Graduate (subclass 476) visa
    a holder of a Trade Skills Training (subclass 471) visa.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings