Wednesday, January 09, 2008

Vals alarm !

Vanoggend toe dit nog diep in die nagtelike ure is en ek êrens in droomland, salig, rustig, ongestoord deur enigiets...word ons begroet deur 'n skril onheilspellende geloei van 'n alarm wat ek nie eens geweet het ek gehad het nie!!! Dadelik spuit my byniere elke greintjie bloed in my liggaam halfpad vol met adrenalien hormoon en dit voel of ek nou net wakker geword het in 'n krisistoneel in een of ander hollywood fliek. Voor my geestesoë en deur my gedagtes flits daar skielik herinneringe aan die vrees wat ons in Suid Afrika ervaar het so 2 uur in die oggende as ons weer nagtelike besoekers oor ons 7 voet mure gekry het en ons infrarooi sensors se radio ontvanger ons met 'n harde ge-biep wakker gemaak het.

Nee man, dit is mos onmoontlik...ek het mos nie sulke alarms hier nie! Dis alles soos in die liedjie "Bootjie na kammaland" agtergelaat "op die land". Deur die mis strompel ek die gang af om te sien wat aan die gang is, want teen hierdie tyd begin dit tot my deurdring dat dit moontlik die rookalarms teen die dak kan wees (wat seker verpligtend hier in huise is), maar wat mens later nie eens meer sien nie omdat jy so gewoond raak daaraan... Maar nêrens is daar vlamme of rook nie!

Na verdere ondersoek, teen hierdie tyd baie ongekrap, en met 'n ietwat van 'n geswets, kom ek toe tot die slotsom dat dit die Rookalarm se battery is wat seker pap begin word en nou laat weet dit my in die middel van die nag dat ek dit moet vervang! Na omtrent 10 minute se gesukkel om die swerkater van 'n alarm los en oop te kry, kry ek die ding uiteindelik stil...

Het een van julle al probeer slaap met 50% adrenalien in jou bloed. Jou hart wil mos uit jou bors klim soos 'n motor enjin waarvan die vonkprop kabels in die verkeerde volgorde vasgesit is...

Gelukkig het ek 'n backup-wekker, want vanoggend het ek die eerste een sonder dat ek besef het, ge-deaktiveer en verder geslaap....en moes toe teen 'n snot spoed klaarmaak om my bus gevang te kry.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings