Saturday, January 19, 2008

Pannekoek en kaneelsuiker


Alle bestanddele:

6 eiers
6 eetlepels gesmelte botter (of olie)

3 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier

2 koppies melk
2 koppies water
2 knippies sout

Kaneel
Suiker
  • Meng vooraf suiker en kaneel in 'n houer en skud goed.

  • Klits 6 groot eiers baie goed.

  • Sif 3 koppies koekmeel, 2 knippies sout en 3 teelepels bakpoeier en voeg by eiermengsel.

  • Voeg 2 koppies water, 2 koppies melk, en 6 eetlepels gesmelte botter by en meng baie goed met klitser.

  • (Jy kan selfs 'n gerasperde appel byvoeg as jy wil)

  • Gooi bietjie kookolie in pan

  • Gebruik standaard soplepel om pannekoekdeeg in pan te gooi.

  • Bak vir so 1 minuut en 30 sekondes aan elke kant in 'n kleefvrye pan op die stoof (of op gasplaat...indien die krag af is in Suid Afrika)

  • Gooi bietjie water by INDIEN NODIG om mengsel dun te hou soos wat dit gebruik word. (Mengsel maak so 14 pannekoeke, maar moenie te dik gooi nie, anders kry jy plaatkoekies)

  • Soos wat pannekoeke klaar gebak word, plaas dit in 'n toe houer en gooi kaneelsuiker op (uit 'n blikkie met gate in gesteek). Hou die houer toe sodat die pannekoeke goed kan sweet.

  • Jy kan so 'n paar pannekoeke sonder suiker los en dit dan bedien met lekker maalvleis bredie.

  • Lekker eet...


No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings