Tuesday, January 08, 2008

'n Paar van die nagtelike besoekers rondom ons huis

Elke aand na sowat 9 uur, as die son onder is, spring daar 'n spinnekop met 'n lyf van so 12mm fluks weg en spin vir die vale 'n web wat omtrent 70cm in deursnee is. Elke oggend maak hy hom uit die voete, pak sy web op en sien jy niks bewyse dat daar die vorige aand 'n enorme 70cm spinnerak reg voor ons agterdeur was nie. Gelukkig het ek dit nie buite gewaag nie...anders het ek 'n 70cm DOILIE oor my gesig gehad. Vanoggend was hy seker haastig, want toe ek vanoggend by die agterdeur uitgaan hang die enorme web voor ons skuifdeur....

In die aande hou ons hom (of haar) dop. Jong, ek sê vir jou hierdie spinnekop werk so vlytig, jy sien net pote bewees, dat dit omtrent net soos 'n dowe tolk op die TV se hande lyk as hy spin. Jy sien net vingers...oftewel harige pote.

Ek het hom toe bietjie, onder dekking van die donker, met die kamera se flits afgeneem...en hier is die resultaat:

Volgens wat ek kan aflei is hierdie die "Common Garden Orb Spider" wat baie algemeen rondom Sydney voorkom. Omdat hierdie spinnekom sulke vlukse webbe spin, is hierdie spinnekop gekies deur 'n landswye projek waar die effek van lae of geen swaartekrag op spinnekoppe se spinnerakke ondersoek word in die ruimte. Kyk gerus na die ander web spinnende spinnekoppe op hierdie bladsy.

Ek het toe sommer nog 'n ander paar nagtelike besoekers afgeneem...
Die volgende een kruip so in die geute se hoeke weg...


Die volgende spinnekop is die St. Andrew's Cross spinnekop omdat dit die gewoonte het om sulke kruissteek patrone soos wat 'n naaimasjien maak in sy web in te werk. Sommige van die patrone kan dan die web amper soos 'n doilie laat lyk...

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings