Friday, January 11, 2008

Wat drink mens hier as jy die dag na 'n Windhoek Lite verlang

Kyk, ek is nou nie juis 'n groot bier drinker nie. Ek koop vir my so een keer in 'n paar maande 'n pak van 6 biere. Dan drink ek my oor 'n mik....en sit die oorblywende 5 biere terug in die yskas vir volgende keer! (grappie)

Maar in Suid Afrika het ek oor die jare agtergekom dat ek die meeste van Windhoek Lite en Stirling Lite Lager se smake gehou het. As mens dan nou na 'n warm dag iets ysig kouds wou drink, dan was dit die keuse. Dit het min alkohol, maar tog 'n lekker "malt" smaak.

Toe ons hier in Oz kom....nou ja, toe is al wat ek in die winkel herken: Old Brown Sjerrie

Ek het gemeen, die Duitsers maak mos lekker bier, so ek moet soek na iets wat Duits klink...Na so 'n bietjie "hit-and-run" kom ek toe af op Hahn Premium Light. Dit het net 2.7% alkohol en smaak nogal so bietjie na Windhoek Lite. Dit is 'n egte Australiese bier en word gebrou en gebottel in Australië.

So...daar het ek julle nou baie tyd en geld gespaar vir wanneer julle uiteindelik hier aanland.

Alternatiewelik kan julle natuurlik solank by Pick & Pay in Suid Afrika vir julle van daai Bundaberg Ginger Beer koop en solank begin droom vir as julle dit hier in Oz gaan drink. Dit is baaaaie lekkerder as Stoney Ginger beer - vir mense soos ek wat van die fyner drankies in die lewe hou.

2 comments:

  1. Dit lyk my ons bierdrinkgewoontes stem baie ooreen, daar staan op die oomblik 5 Windhoek lites in die yskas, waarvan ek een gedrink het aan die begin van Desember.

    Van wyn kan ek nie dieselfde sê nie.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings