Thursday, November 29, 2012

Skulpe

Wanneer mens partymaal gaan stilstaan en baie mooi van naderby kyk, sien jy die natuur weer uit 'n nuwe oogpunt. Soms gaan die fynste detail van die lewe ons verby omdat ons eenvoudig te haastig is. Ons lewe is maar 'n spikkeltjie in tyd in vergelyking met die onmeetlikheid van die aarde se bestaan.   Sien ons ooit die detail van die spiraal-patrone op die kleinste skulpe raak?    Soms moet mens dit bietjie doen.

Elkeen van hierdie skulpe was eens op 'n tyd 'n slakkie of seediertjie se huis. 



Foto Album van skulpe op Tea Gardens se strand

En hoe fyner mens kyk, en hoe groter die sandkorreltjies word, hoe meer sien jy dat die sandkorretjies nie net maar klein klippies is nie, maar oorblyfself van derduisende jare se gemaal deur die see.



2 comments:

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings