Tuesday, November 20, 2012

Son silhoeët by die Teëtuin

(Skakel na hierdie inskrying)

As die son vroegoggend sy groue strale so sleep-sleep oor die sand tot teen die duine laat vaar, dan weet ek hulle was reg toe hulle gesê het: die môrestond het goud in die mond.  
Dit verf vroegoggend die natuur met 'n warm geel skakering van skoonheid. Die nuwe dag vee vir mens 'n skoon slyt waarop jy daardie dag weer kan lewe. 

Mens kan die lewe sommer net makliker in die oë kyk as jy eers 'n lekker nagrus agter jou het.    Want wie weet wat vandag vir jou inhou.

Ons was so 'n rukkie gelede by die NSW noordkus dorpie: Tea Gardens, waar ek heelwat mooi fotos geneem het wat ek die volgende paar inskrywings met julle gaan deel.

Soms, as mens regtig naby aan die grond kan kom met jou kamera, verkry jy 'n ongewone oogpunt wat vir mens indrukwekkende fotos kan oplewer.

Neem nou maar die volgende paar fotos wat ek met sons-opkoms en geneem het op Jimmys beach.








Net so het 'n sonsondergang 'n enerse bekoring.  Daar is 'n gesegde: die son trek al water.  Wel, as 'n mens die son so by die see sien sak oor die water, dan lyk dit soms kompleet asof die son na sy rusplek onder die water terugkeer.  Die dag se moeite is verby en more is nog 'n dag.  Ek het seker al letterlik honderde kere sonsondergange afgeneem - en steeds bly dit 'n vredevolle ervaring.







Mooi sonsondergange en sonsopkomste by die Tee tuin strand.


1 comment:

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings