Thursday, June 07, 2007

Die misreën kiesa nog rustig daarbuite


'n Foto van buite ons tydelike verblyf.

Dis nou reeds 2 weke wat ons in Sydney is. Dit het sedert laasnag lekker gereën hier en dit voel nogal koud buite. Ons is darem nog in die bevoorregde posisie om nog op "vakansie" te wees en 'n langnaweek lê voor die deur. Elke 2e Maandag in Junie is dit die Koningin (Elisabeth II) se verjaarsdag hier. Ons kan nog lekker laat slaap en mens voel teen hierdie tyd redelik uitgerus en reg vir om die nuwe werk aan te pak. Ons het vanoggend gehoor dat ons toestemming gekry het om die kinders in die Oakhill Drive Public skool te sit. Hulle is baie opgewonde.



Iets wat ek agtergekom het hier is dat mens nie tussen so 5 en 7 in die middae petrol met gaan ingooi nie, want dan is daar ellelange toue soos die mense wag om brandstof in te gooi. Die paaie is buitengewoon besig teen daardie tyd. Maar as mens by Coles of Woolworths so tussen 7 en 8 gaan inkopies doen is dit rustiger. Mens kry dieselfde soort kosse hier...dis net ietwat duurder - sal beter gaan as ons eers Aussie dollars verdien.

Die mense van my nuwe werk is baie vriendelik en baie geinteresseerd om te weet of ons nou al goed "ingesettle" is. Die kantooropset lyk ook baie informeel soos waaraan ek gewoond is en ek en die' tegniese ouens het sommer gougou baie gehad om met mekaar oor te gesels. Ons het sommer af in die straat by 'n baie oulike straatkafee ingestap en saam geroosterde toebroodjies gaan eet. Met 'n lekker botteltjie Bundaberg Ginger beer het ons land en sand gesels oor die bedryf waarin ek gaan werk en wie wat doen. Ek werk lekker in die voorstede, sowat 10 km vanaf Cherrybrook van waar ons gaan bly. Bus en trein is natuurlik my voorland so vroeg opstaan hier kom ons...

1 comment:

  1. Haai, weer Kersie hier.
    Ek lees nou net die res van jou blog waarby ek nie vroeer kon uitkom nie, en sien nou julle is in by Oakhill Drive. (en nie Castle Hill Primary soos ek vroeer dog nie). Jammer man, ek moes liewer eers alles lees en dan kommentare lewer. Ek's verlig om te sien julle stuur die tweetjies Oakhill toe - Baie oulike skool, ek hoop hulle gaan baie gelukkig wees daar ! Ignoreer asb my eerste berig, ek was net bietjie benoud vir julle part.

    Groete
    Kersie

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings