Monday, December 10, 2007

Goedemorgen aan al mijn bezoekers uit Nederland

"Goedemorgen aan al mijn bezoekers uit Nederland, ik hoop dat u zult genieten van uw bezoek aan mijn nederige blog."


Ek het bietjie na die statistiek op my blog gekyk en was nogal aangenaam verras om te sien hoeveel besoekers aan die blog vanuit Nederland afkomstig is. Hetsy dit oud Suid Afrikaners is wat nou in Nederland bly en of dit van ons eie Nederlandse voorvaders se kinders is wat nog al die jare daar bly sal ek nou nie weet nie, sal graag van julle wil hoor. Ek was noga altyd gefassineer deur die feit dat daar 'n volk ver oor die see is wat amper dieselfde taal as ek praat en liefhet.

Ek het die volgende statistiek oor die besoekers:



Uit die bogenoemde statistiek van die meer as 18517 bladsy besoeke sedert November 2006 is 'n hele 12% van die besoekers afkomstig vanuit Nederland. Wat meer is...ons Afrikaanse mense stel gewoonlik ons rekenaar se taal op Engels, wat beteken dat die 14% mense wat "Dutch"/Hollands praat, dus hoofsaaklik Nederlandse mense moet wees! Ek besef egter dat baie vanuit Duitsland en België ook Afrikaans kan verstaan (5%) Terloops...ek is 'n baie groot aanhanger van Dana Winner se musiek.




1 comment:

  1. Ek hou ook van Nederlands, ek het nog nie baie blogs wat ek lees daarin nie, een wat ek geniet is Lezen om te leven (http://anneman.wordpress.com).

    Ek het 'n vogeltjie (dan maar as alt-137 die comment laat uitbom) hoor fluit sy kom volgende jaar weer SA toe - ek hoop ek kan haar dan minstens die een keer in lewende lywe sien.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings